NAMA KONFERENSIE VERSLAG OOR DIE BEWUSTHEIDSVELDTOG IN DIE WES-KAAPSAMEVATTING VAN TERUGVOERING TYDENS WEGBREEKSESSIES:
GROEP 1:
• die leiers moet hul omgewing organiseer om te sien hoeveel mense hulle het vir getalle en so hul databasisse uitbrei • moet ook die jeug betrokke kry • kinders en familielede om deel te vorm van die klasse om die proses verder te vat • taal moet in skole inkom – implementering van die Namataal van Graad 1 – Graad 9 (in Kranshoek)
LEES VERDER VIR THE VOLLEDIGE SAMEVATTING VAN TERUGVOERING TYDENS WEGBREEKSESSIES:
SAMEVATTING VAN TERUGVOERING TYDENS WEGBREEKSESSIES:
GROEP 1:
• die leiers moet hul omgewing organiseer om te sien hoeveel mense hulle het vir getalle en so hul databasisse uitbrei • moet ook die jeug betrokke kry • jeugklasse • kinders en familielede om deel te vorm van die klasse om die proses verder te vat • taal moet in skole inkom – implementering van die Namataal van Graad 1 – Graad 9 (in Kranshoek) • plekke wat ver uitmekaar is, een persoon moet geleer word om die Namataal aan te bied (basiese kennis van die taal om aan die mense geleer te word) • sodoende kan taalonderwysers in afgesonderde gebiede opgelei word/daargestel word • oefening is persoonlik – groepe moet die Namataal oefen as hulle met mekaar kommunikeer • bronne wat ons het, moet gebruik word (saal, ensovoorts) – gebruik kontakte in die dorpe hiervoor • sentrale plekke om te oefen (baie belangrik) • ekstra fasiliteerders is in ons midde: Maria sien kans om dit te doen, so ook Niklaas • WKOD: benader die departement m.b.t boekie en cd om inleidingsklasse te loods (kopiereg moet dan uitgesorteer word)
• plekke waar die klasse gehou kan word moet in dorpe gebruik word: biblioteke, skole, ens. • promosieboekie en cd kan by biblioteke ingesit word vir uitneem en leer • kopieregte hiervoor moet ondersoek word • bewustheidsveldtog gaan ook oor taal en identiteit: ons benodig ‘n bemarkingsplan: dit sluit in ‘n geleentheid om oor die Namataal te praat. “streetmarketing campaign” werk gewoonlik: druk frases van die Namataal op t-hemde, bv. want mense op die straat lees dit en vra uit en so word die woord versprei en kry die mense op straat die geleentheid om die Namataal te bemark. • Vergroot die databasis van diegene wat die Namataal aanleer en een van die maniere is om inligting op ‘n webtuiste daar te stel vir toegang tot die taal • webtuistes wat klasse aanbied is ‘n moontlike manier om die Namataalaanleerproses se spektrum te vergroot • ‘n Drukgroep vir die Namataal word benodig om te verseker dat die taal aktief ontwikkel word (hierdie mense moet meer betrokke by die alreedsbestaande proses wees: hulle vorm dan ‘n mondstuk vir die Namataal • Skep ‘n Namataalforum wat die funksie van ‘n netwerk kan vertolk sodat ‘n databasis verbreed kan word • Meer onderwysers in die Namataal moet gekry word sodat die klasse meer gereeld kan plaasvind. So nie, informele spraakklasse kan onder gemeenskappe plaasvind: eie inisiatiewe • Opleiding van fasiliteerders deur Meester Dausab: lei die opleiers op – maak dan die moontlikheid van spraakklasse op eie inisiatief groter • Meer boeke, meer cds moet gedruk word om hierdie proses van stapel te stuur • Musiek, drama in die Namataal moet nie vergeet wor dnie – dit vorm deel van die taal self • ‘n Uitruilprogram met Namibie is wenslik as die Namataal se basis klaar gelê is om die Namataal te beleef • ‘n Jaarlikse konferensie (taal en alle aspekte van Nama ingesluit – nie net taal alleen nie) is dalk nodig • Tamin het boeke in die Namataal – hy kan dit beskikbaar stel; een boek kan ook met cd gepubliseer word (gedoen word) om die proses aan te help. Hierdie moontlikheid kan ondersoek word. • Die moontlikheid om ‘n voltydse onderwyser vir verskeie areas aan te stel moet ondersoek word • Noord-Kaapse skakeling: Ons in die Wes-Kaap moet eers die struktuur wat betref die Namataal tuis regkry, voordat skakeling met Noord-Kaap kan doen • Kyk ook na musiek – uitruilprogramme met die Noord-Kaap • Koorsang: uitruiling ook met die Noord-Kaap • Uitruilprogram kan ook dien as hulp met die armoede deur die skenking van ou klere en dies meer aan behoeftige Namamense in ruil vir blootstelling aan die Namataal • Is daar ‘n taalbeleid vir die Noord-Kaap? Ons het dit as basis nodig vir uitruilprogramme
GROEP 2
• Verdere ontwikkeling van die Namataal: lang termyn: as die taal lewendig gehou moet word, moet daar aan die WKOD geskryf word om die Namataal in sillabusse te vervat. • Kort-mediumtermyn: die verskeie groepe in verskillende stadia van ontwikkeling van die Namataal vra vir meer werkswinkels en kontak met creches en skole om die tale te bevorder, biblioteke vir skakeling, meer boeke, meer cds, gereelde drama en sangfeeste, kreatiewe skryf -, dialektefeeste, storievertelling. • PanSAT: Nama en Afrikaanse woordeboek moet gepubliseer word – daar is net ‘n Engels/Nama een beskikbaar. • ‘n Nama Kalender met feeste datums, name van maande in Nama (vir inligting omtrent watter feeste wanneer gevier behoort te word) moet beskikbaar gestel word, want so raak ons betrokke in kulturele seremonies. • ‘n Voltydse Namataal-onderwyser is nodig • Om dit wat ons tot dusver aangebied het, te versterk, moet ‘n voltydse navorsingsgroep gestig word om saam met die regering met inisiatiewe rakende die Namataal na vore te kom • ‘n Plaaslike Namanuusblad moet in die Wes-Kaap van stapel gestuur word • Nie baie mense is bewus van die werkswinkels nie – moet breer in die Wes-Kaap bemark word • Samewerking tussen die gemeenskappe moet beslis gebeur – telefoonnommers en adresse moet geneem word vir skakeling: om in isolasie te werk is nadelig vir die ontwikkeling van die taal • Ons wil mekaar uitnooi na mekaar se onderskeie geleenthede • Ons moet werk na ‘n taalforum in die Wes-Kaap: ‘n Provinsiale Kultuurforum? Ses gebiede van die Wes-Kaap moet as begin gebruik word; vra vir enkele vrywilligers om netwerk uit te brei: net as begin (eenheidsgespreksforum). • Uitruiling nie net Namibie nie, Botswana en ook ander lande – nou eers Namibie. Taalbeleid in die Noord-Kaap en kuns en kultuurbeleid? • Maak gebruik van die media in die Wes-Kaap: vra radioprogramme om die taal te leer (taal in breer gebied) • WKOD: praat met die onderwysdept wat betref skakeling met die Noord-Kaap • Oumense wat Nama praat: stories moet opgeskryf word, sang verder gebruik om die taal te leer/bevorder, eenheid oor die grense heen om uit te ruil met ander lande (verskeie dialekte)
GROEP 3
• Bewusmakingsprojekte in die gemeenskappe: hoe kan ander gemeenskappe betrek te word dmv die media om by ander gemeenskappe aan te sluit + dept • Om beginners te help: diegene wat klaar die werksessies bygewoon het om te assisteer • Strategiee moet ontwikkel word om die klasse verder te vat deur die mense in die verskillende gemeenskappe • Wees spesifiek in dit wat jy wil aanbied: realisme. • Tydperk om die klasse aan te leer was baie kort: oplossings hier? • Individuele uitbreiding van die taal is nodig – nie net die departement se plig nie • Tydsraamwerk moet aan die klasse gekoppel word • Befondsers en borge: beskikbare fondse? Betrek die hele bv Matzikama streek en klop aan by myne en dies meer om befondsing te kry • Hoe lank moet die basiese goed oorgedra word aan diegene wat nou eers begin? • Doen dan die koorsessies met hulle? • Kry ‘n uitgebreide databasis gereed • Media: strooibiljette, en dies meer om die kommunikasie uit te brei • Streeksforums vir Namataal: Toerisme organisasies as voorbeeld: 1 persoon uit dorpe en streke binne Wes-Kaapse streke (bv. Weskus het 6) om uit te berei en hierop te dien • Verskillende leiers moet bereidwilligheid he om saam te werk en hul lede moet betrokke raak by die Namataal • Bestaande hulpbronne (Namataalbasis hier) van bv UWK kan gebruik word • PanSAT se betrokkenheid spel die belangrikheid van die Namataal • Hoe kan die lang afstand tussen Richtersveld en die Kaap oorbrug word: kruisbestuiwing onder verskillende provinsies • Die jeug en Sondagskool moet betrek word. • Bestaande jeugvaardighede moet uitgebrei word.
MENEER B MOREMI: NOORD-KAAPSE BESTUURDER VAN PANSATR
Die Noord-Kaap
Provinsiale Perspektief betreffende die Namataal:
• Ons het skole wat die tale tot by graad 10 leer – binne die volgende twee jaar sal ons tot graad 12 he. LUR word ernstig daarby betrek. Goed vir die bewustheidsveldtog. NTR het iets hiermee te doen. • Spesiale radiostasie (XKFM) wat kultuur, musiek en taal uitsaai – ‘n “lobby” groep wat die nuus in hul eie taal wou hoor: PanSAT het ‘n rol hier gespeel en dit werk. Dit het ook werk geskep om opgelei te word in uitsaaiwese in hul eie taal. PanSALb (met FNB as vennoot) het die Iu-taal met cd gered: ou stories en woorde deur eerste taalsprekers. • Mense wat regtig ‘n verskil maak op hierdie gebied (media) moet die Namataal praat by openbare geleenthede en weier om einigiets ander ste praat: dis hoe die behoefte raakgesien word en die Namataal prominensie gaan verkry. Maak van julleself ‘n oorlas deur die Namataal by hierdie geleenthede te praat. So vorm julle ‘n “lobby”-groep om vir die regte van die taal op te staan en die musiek en gesprek daaroor oor die radio uitgesaai te kry. • Khoikhoigowab-woordeboek: PanSAT is 95% klaar met die Afr/Nama woordeboek. Ons sal dit hierdie jaar vier – dis in 2001 begin. Meester Dausab en Juffrou Matroos: hulle is besig om die woordeboek te redigeer (om die Namataal te beskerm) • Op 10 Februarie 2009 is die Taalbeleid van die Noord-Kaap in die Parlement oorhandig: hierbinne is vervat dat daar twee areas is waar die invloed van Nama baie sterk is en die provinsiale regering moet begin met bewustheidsveldtogte van Nama hier. Nama se saak is duidelik in die beleid uitgespel. • Die Beleid moet egter eers in die Parlement bespreek word. Julle in die Wes-Kaap moet insae lewer ten opsigte van die Namataal, asseblief? • Nasionale Taalligaam: Verteenwoordigers van Khoisantale (NTL): maak kontak met ons via Poem Mooney en Meester Dausab • Namataalkalender word vir volgende jaar beplan: 50 kalenders sal aan die Wes-Kaap gestuur word • Namakhoi Munisipaliteit: invloed van Namataal is meer as die Afrikaanse taal. Mense wil graag hier dienslewering kry in die Namataal – en dit word deur die NK Provinsiale Departement ondersteun • Ons het uitnodiging van Universiteit Namibie ontvang – Ortografiestudie is hier gedoen en hulle het PanSAT uitgenooi. In April, Mei 2009 sal ons daardie vennootskap verder vat met die Universiteit van Namibie. • Daar is ‘n geskrewe ooreenkoms tussen die Namibiese Onderwysdept en die Noord-Kaap: miskien moet ons so iets kry in die Wes-Kaap. Dis hoekom die Noord-Kaap Nama-onderwysers uit Namibie kan kry. • Die Kwedam-taal word ook aangebied om die Khoisantale te bevorder. • Afgevaardigdes na Namibie word steeds bespreek. • Lede van die NTL sal soontoe gaan om die Namataal se saak te stel • In die huidige NTL het ons afgevaardigdes van oraloor Suid-Afrika en almal het ‘n passie vir die groei en beskerming van die Namataal en ander Khoisantale.
ANTWOORDE OP TERLOOPSE VRAE
• Is daar ‘n wes-Kaapse Taalbeleid? Ja, die Wes-Kaapse Taalbeleid bestaan wel: op die Internet: Google: Western Cape Language Policy (melding van die Khoi en Santale as gemarginaliseerde inheemse tale en ook Gebaretaal). • Kan die WKOD meer betrokke raak in die Namataalbevordering/Namataalbewustheidsveldtog? Ons kan ten beste die taalaangeleentheid onder die Wes-Kaapse Onderwysdepartement se aandag te bring. As ons met ‘n Namataalvoorstel by die WKOD opdaag, sal hulle vra: “Waar is die Namagemeenskap van die Wes-Kaap om ‘n onderwyser te regverdig?” Daar is baie belangstelling in die Namataal, maar daar is ‘n verskil. Volhoubaarheid in die Onderwysdepartement word onderstreep. Kom ons bou die golf, totdat dit groter word – moenie die kar voor die perde span nie. Maak ons taak makliker. Tans kan mens in drie dorpe in die Wes-Kaap vir ‘n fasiliteerder of selfs ‘n onderwyser vra, want daar is mense wat die Namtaal op ‘n spesifieke vlak kan besig. • Hoe kan ons die Namataal-aanleer of onderrig groter maak? Ons is tans besig om vir mense ‘n vreemde taal te leer (vergelyk die Namataal met Russies of selfs Duits). Louis is al 9 jaar daarmee besig. Om ‘n vreemdetaal-onderwyser te wees, vereis ‘n spesifieke vaardigheid. Meester Dausab het met 35-50 mense in ‘n klas gewerk – teikens word nie bereik nie. Klasse kan lei tot kore as eerste keuse: ons moet doeltreffend wees sodat ons een persoon kan identifiseer in elke streek om daardie persoon in staat te stel om die klasse aan te bied. • Motivering vir ons vandag? Geduld en jul passie dryf ons om die Namataal voort te vat. Kom ons doen dit treetjie vir treetjie. • Kom ons werk soos wat ons gewerk het die afgelope nege jaar. Moenie te haastig wees nie – ons moet mik vir die hoogste ster. • Louis sal nie verder gaan as die idee nie van julle af gekom het nie. • ATKV se misbruik van inheemse kultuur word bevraagteken? Maak kontak met Elias Nel – hy is baie ontvanklik en sal na julle luister. Die departement kan nie hierdie saak hanteer nie. Inheemse kennisstelsels ook te make met ATKV
AFSLUITING
TAMEN UNISEB:
• bekendstelling van homself: van Namibie af • so baie uitgesien na die konferensie, want my mense sou ook hier gewees het • dis ‘n geskiedkundige konferensie • groot eer om die mense te kry en vir hulle te se ons gaan vorentoe • band tussen my huis en hierdie plek is vasgemaak vandag • die band wat ons gestig het: om te vereenselwig met die Kaap bestaan • ons wil nie net die taal leer nie, ek en my groepe kom gewoonlik bymekaar en hulle gesels oor dit wat tradisioneel belangrik is
JO-MARI NEL: UITDAGINGS VAN DIE AFGELOPE 9 JAAR-OPLOSSINGS:
• Ons kan nie sonder julle aangaan met die aanleer van die Namataal nie – dus is dit belangrik dat julle moet weet dat ons op julle staatmaak om die proses verder te dryf. Dit is deur ons Direkteur onderstreep. • Daar is sommige uitdagings aan die Namataalbewustheidsprojek verbonde: dinge loop nie altyd so seepglad nie – hier en daar kom nog probleempies en vandag is die regte forum om die probleempies uit te lig. • Leiers in die gemeenskappe moet asseblief met hul gemeenskapslede of organisasielede skakel en ons taak om in die Namataalbewustheidsveldtog te slaag, te vergemaklik. • Baiekeer kom misverstande voor wat gebeur as gevolg van geen skakeling met lede en dan is lede of bywoners van die werkswinkels oningelig. • Getalle is belangrik: foto’s vertel ‘n storie: ons staan almal ons naweke af (fasilteerder, Departementele werkers en u); maak asseblief seker dat lede verteenwoordig word by Namataalklasse. As daar 20 moet opdaag, moet 20 kom, nie net 3 nie. Kry mense om in die plek van ‘n ander persoon te kom, indien iemand afwesig is. Afstande is soms ver. • Soms word die projekbestuurder met disrespek behandel: skryftoon van e-posse belangrik; korrekte kwotasies, ens. Hou faksnommers duidelik. Betydse skakeling is belangrik met die projekbestuurder. • Begin en eindig betyds; baie belangrik. Ons hou by tyd en dan kan ons betyds klaarkom. Ons kan nie weer laat begin nie. • Menswaardigheid is belangrik in die aanleer van die Namataal. Behandel dus die projekbestuurder met menswaardigheid soos hy die deelnemers behandel – dis ‘n tweerigtingaspek. • Die projekbestuurder werk met taal; nie met politiek of ander aspekte van die Khoi-aangeleenthede nie, vermy hierdie aspekte asseblief – ons kan ons werk verloor indien ons hiermee belas word en daarop reageer. • Die databasis verander gedurig – maak seker dat die adresse en faksnommers reg is en werk saam met ons om dit elke keer te verander. Indien nommers verander, laat ons weet. • Meester Dausab doen ons ‘n guns – hy word nie veel betaal vir die klasse nie; Namataalklasse is regtig nie geldmaakstorie soos wat per geleentheid opgemerk word nie. • Ons het min bronne en soms verstaan mense dit nie: Ons werk met dit wat ons tot ons beskikking het: Namataalonderwysers is min, geld is min (ons kry slegs ‘n spesifieke begroting), hulpbronne is basies. Verstaan dus as ons die begroting toegeken klaar gebruik het. Namataalboekies en cds kos ook geld, maar ons doen ons bes om almal daarvan te voorsien.
LOUIS: DANKSEGGING:
105% bywoning PanSAT het ons ‘n konferensie gegee vir 50 mens en 58 het opgedaag Ritz Hotel was uitstekend: baie dankie Vir almal wat bygewoon het vir die passie, wonderlike insette en omdat julle gekom het Mnr Swepu, Mnr Moremi, vriende van die Noord-Kaap en Namibie wat hierdie konferensie bygewoon het
PEDRO DAUSAB: DANKSEGGING:
Vir Louis: baie dankie namens ons almal: uitstekende skakeling met Louis; hou ons op hoogte van inligting, en professionele manier waarop hy dinge doen, bv name, naamlyste en dies meer wanneer enigiets in die Namataal aangebied moet word.
Projekbestuurder: Louis Nel 021 483 9681 (tel nr. werk) 021 483 9675 (faks)
This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it
Adres: Die Taaleenheid, Derde Vloer, Protea Assuransie Gebou, Groentemark Plein, Kaapstad 8000Maria Uazukuani bid in die Namataal. |