DIE KHOI-KHOIN- EN SANTAALLANDSKAP VAN DIE WES-KAAP: DIE VERLEDE, HEDE EN TOEKOMS PDF Print E-mail
Written by Bradlox   
Thursday, 04 June 2009

DIE KHOI-KHOIN- EN SANTAALLANDSKAP VAN DIE WES-KAAP:  DIE VERLEDE, HEDE EN TOEKOMS

Hierdie navorsingsprojek het ‘n lang voorgeskiedenis.  Die gedagte het ontstaan by ‘n byeenkoms by “Poem se Voetrus” te Oudtshoorn oor die naweek van 10-12 Oktober 2000.  Verteenwoordigers van verskillende Khoingroepe het op uitnodiging van die Wes-Kaapse Taalkomitee hier vergader.  Verskillende projekte was bespreek en 17 aanvaar.  Die twee wat uiteinedlik werklikheid geword het, was hierdie navorsingsprojek en die Wes-Kaapse Taalkomitee se bewusmakingsveldtog (meer oor hierdie twee projekte in hoofstuk 4).  Tussen Maart 2001 en Maart 2002 is ‘n reeks vergaderings oor hierdie navorsingsprojek gehou.  Op die 8 tot 10 Maart 2002 vergadering te Knysna was die onderwerp van hierdie projek gefinaliseer.

‘N NAVORSINGSVERSLAG

DEUR

GEORGE BRINK & PEDRO DÂUSAB

AAN


DIE WES-KAAPSE TAALKOMITEE
KAAPSTAD

15 MAART 2005

INLEIDING

Hierdie navorsingsprojek het ‘n lang voorgeskiedenis.  Die gedagte het ontstaan by ‘n byeenkoms by “Poem se Voetrus” te Oudtshoorn oor die naweek van 10-12 Oktober 2000.  Verteenwoordigers van verskillende Khoingroepe het op uitnodiging van die Wes-Kaapse Taalkomitee hier vergader.  Verskillende projekte was bespreek en 17 aanvaar.  Die twee wat uiteinedlik werklikheid geword het, was hierdie navorsingsprojek en die Wes-Kaapse Taalkomitee se bewusmakingsveldtog (meer oor hierdie twee projekte in hoofstuk 4).  Tussen Maart 2001 en Maart 2002 is ‘n reeks vergaderings oor hierdie navorsingsprojek gehou.  Op die 8 tot 10 Maart 2002 vergadering te Knysna was die onderwerp van hierdie projek gefinaliseer.

Die doelwit van hierdie navorsingsprojek is om die verlede, hede en toekoms van die Wes-Kaapse Khoin-en Santale te bekyk.  Onder die verlede sal nagegaan word wat die stand van hierdie tale was voor en na die eerste Europeërs hier aangekom het.  Die hede sal poog om die huidige stand van sake te peil.  Laastens sal daar oor die toekoms van hierdie tale besin word.

Wat metodologie betref , volg hierdie navorsingsprojek  ‘n historiese en taalkundige benadering .  Gewoonlik poog navorsers om so ver as moontlik van primêre bronne gebruik te maak, maar  t.o.v. die Khoi-khoin en San was dit moeilik om hierdie benadering gestand te doen, want hierdie mense was absoluut aangewese op mondelinge oorlewering.  Mens soek dus tevergeefs vir geskrifte wat deur die vroeër Khoi-khoin en San self geskryf is.  Wat die verdeling van hoofstukke betref,  besin hoofstukke 1 tot 4  die historiese ontwikkeling van die Khoin- en Santale in die Wes-Kaap.  Daar hierdie tale nie in isolasie gestaan het nie, sal daar ook na gebeure rondom hierdie tale elders in die land gekyk word.  Hoofstuk 5 sal spesifiek handel oor watter invloed hierdie tale op plek-, plaas-, plant- en diername gehad het.  Hoofstuk 6 lê veral klem op die invloed wat Khoin- en Santale op Afrikaans enersyds en isiXhosa andersyds gehad het.  Hoofstuk 7 is die slotsom waar ook aanbevelings gemaak word.  Laastens, is daar deurgaans probeer om nie te akademiese taal te gebruik nie, omdat hierdie navorsing juis Jan - Piet in gedagte het.  Die voetnotas is bedoel vir die ernstige leser.  

‘n Bepaalde terminologie word gevolg.  

•    Deurgaans word die woorde Khoi-khoin en San gebruik.  Khoi (mens) (man); Khoin (mense) (men/people).
•    San = “Boesmans”.
•    Sab = manlik ; Sas = vroulik.
•    Sa dui op enkelvoud (een persoon), m.a.w. een “Boesman”.
•    San dui op meervoud (meer as een persoon), meer as een “Boesman”.
•    Khoe is problematies spesifiek vir die Afrikaansprekende wat die diftong oe as u uitspreek; terwyl dieselfde Afrikaansprekende geen probleme ondervind om die individualiteit van o en i te behou nie.  M.a.w. foneem o se klank word apart en duidelik hoorbaar so ook die i.   Hierdie navorsingsprojek sal dus liewer hou by die woord Khoi(n).
•    B aan die einde van ‘n selfstandige naamwoord dui die manlike vorm aan, bv., !Garieb, ╪Nu!namib
   
Dank is verskuldig aan die volgende instansies en persone:

Eerstens, die Wes-Kaapse Taalkomitee vir sy poging om die Khoi-khoin en San- erfenis te bewaar.   

Tweedens, Louis Nel van die Wes-Kaapse Taalkomitee vir sy leiding en hulpvaardigheid tydens hierdie projek.

Derdens, die breër Khoin- en Sangemeenskap.  Mens dink veral aan die persone wat die verskillende vergaderings en werkwinkels bygewoon het.  Ons wil amper sê dat sonder hul hulp sou die bewusmakingswerkwinkels en hierdie navorsingsprojek nie moontlik gewees het nie.

Vierdens, Me. Hannah Botha van die Dokumente Sentrum by die Universiteit van Stellenbosch vir haar onbaatsugtige en professionele hulp.

Laastens, die navorsers wil ook graag hul families bedank vir hul begrip vir verlore naweke, ens., vanweë hierdie projek.

George Brink
Pedro Dâusab
Kuilsrivier

13 Maart 2005.



HOOFSTUK 1

Khoi-Khoin-en Santale (Khoin-Santale) voor en tydens die VOC era


1.1.    Inleiding


Dit is moeilik om te bepaal watter Khoin- en Santale daar aan die Kaap was voor en tydens die Verenigde Oos-Indiese Kompanje (VOC), omdat daar geen dokumente bestaan vanuit Khoin- en San oorde.  Daarom moet die navorser dus maar van ander bronne gebruik maak om die raaisel te ontsyfer.  Ons sal dus in hierdie hoofstuk kyk na wat vroeë reisigers na die Kaap oor die Khoin- en Santale gesê het.  Daarna sal ons die reaksies op die Khoin- en Santale tydens die VOC-era aan aandag skenk.  Ons sal afsluit met G.S. Nienaber se tipologie.

 Kortliks ‘n woord oor die Khoi-khoin en San.  Alan Mountain (2003: 11-16, 41) beweer dat die Khoi-khoin en San Steentydperkmense was.  Die Steentydperk word in drie dele verdeel, te wete die Vroeë, die Middel en Later Steentydperk.  Die mense van die Vroeë Steentydperk was die eerste gereedskapmakers.  Die Middel Steentydperkmense het die opkoms van die moderne mens meegemaak, terwyl die Later Steentydperk die era van moderne innovering was.  Volgens Mountain het die oorgang vanaf die Middel Steentydperk na die Later Steentydperk in suidelike Afrika ongeveer 22 000 jaar gelede plaasgevind.  Die Khoi-khoin en San is, volgens Mountain, Later Steentydperkmense en ook afkomstig uit dieselfde ras.
 
1.2.    Die Khoin- en Santale voor die koms van die VOC (1652)


Aangesien daar geen geskrewe dokumente oor die stand van die Khointale voor die koms van die VOC bestaan nie, sal ons  na  die reaksies omtrent hierdie tale  van die reisigers wat  die Kaap besoek het, kyk. Daar was ‘n magdom Europese reisigers wat  die Kaap aangedoen het voordat die Nederlanders in 1652 ‘n verversingstasie sou kom oprig. Raven-Hart (1967) gee ‘n goeie aanduiding van wie sommige van hulle was.  Hulle was o.a. Portugese, Nederlanders en Britte.  Hulle was meestal reisigers wat onderweg na en van die Verre Ooste was.  Sommige van hulle het hul opmerkings oor die Khoin- en Santale geboekstaaf.  

Van die eerste reisigers was die Portugese seevaarder Bartolemeus Dias wat die Kaap in 1488 besoek het.  Naby St. Helenbaai het hy die Khoi-khoin gesien en oor hulle gesê:  “… the men are swarthy.  They eat only sea-wolves and whales and the flesh of gazelles and the roots of plants.  They wear sheaths on their members.  Their arms are staffs of wild olive trees tipped with fire-hardened horns” (Raven-Hart 1967: 3).  Dias swyg egter oor hul taal. Mens moet natuurlik onmiddellik sê dat Dias ‘n skeepskaptein en geen taalkundige was en mens verwag seker nie van hom ‘n taalkundige evaluering van die Khoi-khoin nie.  By Sao Bras (Mosselbaai) het hy weer die Khoi-khoin ontmoet.  Omdat sommige van sy bemanningslede deur die Khoi-khoin gewond was, was hulle nou uiters versigtig.  Dias self het geweier om aan wal te gaan.  By hierdie geleentheid het Dias se bemanning vee van die Khoi-khoin geruil.

Na Dias het ‘n reeks ander Portugese seevaarders die Kaap aangedoen.  Daar was o.a. Pedro de Ataide (1501), Joao de Nova (1501), Antonio de Saldanha (1503; ‘n sekere baai sou ook later na hom vernoem word), Joao de Queiros (1505), Pedro de Mendaco (1505), Pedro Quaresma en Cyde Barbudo (1506), Balthazar Sprenger (1506) en D. Lopez de Sequeira (1508).  In 1510 het Francisco d’Almeida die Kaap aangedoen.  Hy was onderweg vanaf die Verre Ooste na die Nederlande.  Hy en sommige bemanningslede het by Mosselbaai aan wal gegaan.  ‘n Skermutseling ontstaan na die ruil van vee en d’Almeida word noodlottig gewond en sterf aan sy wonde.  Ongeveer vyftig van sy bemanningslede is ook gewond.  Mens wonder hoe sake sou verloop het, indien die Portugese en die Khoin en San met mekaar d.m.v. gesproke taal  kommunikeer het.

Ondanks Trots d’Almeida se tragiese afsterwe, het die Portugese nog steeds aan die Kaap  anker gegooi.  Sommige van hulle sluit o.a. Christovao de Brito (1512), Duarte de Menses (1524), Parmentier (1530) en Fernao de Alvares Cabral (1554) in.  Laasgenoemde het skipbreuk langs die Suid-Afrikaanse ooskus gely en slegs twee- en- sestig van sy bemanning van drie honderd twee-en-twintig het uiteindelik by Sofala in Mosambiek aangedoen.  In 1576 het Manoel de Mesquita Perestrella die gebied vanaf Kaap die Goeie Hoop tot by Kaap Correntes verken.

Na die Portugese het die Nederlanders en Engelse gekom.  Die eerste Engelse reisiger om die Kaap was Thomas Stevens.  Hy het aan die Kaap aangedoen op sy terugtog vanaf Goa in Indië.  Hy het in ‘n storm by Kaap Agulhas beland en sy reaksie van die Kaap en sy mense was:    “… and there we stood as vttrely [sic] cast away … and the land so euill [sic], that nothing could take land, and the land itselfe [sic] so full of Tigers, and people that are sauage [sic] and killers of all strangers” (p. 14).  Hy het dus geen kontak met die Khoi-khoin en San gehad nie.

Sir Francis Drake (1580) het die Kaap beskryf as:  “This Cape is a most stately thing, and the fairest Cape we saw in the whole circumference of the earth, …”  Ander Engelse reisigers was, Thomas Cavendish (1588) en Sir James Lancaster (1591).  Lancaster het darem van die Khoin-San ontmoet.  Hy het gesê:  “certain blacke savages, very brutish, which would’nt stay, but retired from them” (Raven-Hart 1967: 15).  Hy het egter niks oor hul taal te sê gehad nie.  Mens kan egter met veiligheid aflei dat hy en sy bemanning nie die tale kon verstaan nie.    

Op 4 Augustus 1595 het die Nederlander Cornelis de Houtman aan die huidige Mosselbaai anker gegooi.  Hulle het kontak met die Khoi-khoin gemaak.  Spoedig het de Houtman vee van die Khoi-khoin geruil.  Hy het hulle beskryf as:  “These folk are in stature somewhat less … red-brown in colour … entirely naked but for an ox-hide around them like a cloak and a wide thong of leather round their waists, …”  Oor hul taal het hy gesê:  “I could learn no more of them but they speak very clumsily, like the folk in Germany … who suffer from goitre” (Raven-Hart 1967:  18).  Een van die bemanningslede het verder gesê:  “… their speech is just as if one heard a number of angry turkeys … little else but clucking and whistling” (Raven-Hart 1967: 19).  De Houtman het na sy 1595 reis om die Kaap weer in 1598 hier aangedoen.  Tydens hierdie reis het John Davys, een van sy bemanningslede, oor Khoin-Santale gesê:  “… their words are for the most part in-articulate, and, in speaking, they clocke with the Tongue [sic] like a brood Hen, which clocking and the words are both pronounced together, verie [sic] strangely” (Raven-Hart 1967:  20).

Sir James Lancaster (1601) het ietwat beter gevaar in sy kommunikasie met die Khoin en San.  Naby Saldanhabaai het hy Khoin en San ontmoet.  “… for he spake to them in the Cattels language (which was never changed at the confusion of Babell), which was Moath for Oxen [sic] and Kine [sic] and Boa for sheepe [sic]”.  Oor hul taal het hy hom soos volg uitgelaat:  “… their speech is wholly uttered through the throat, and they clocke with their tongues in such sort, that in seven weeks which we remainded here in this place, the sharpest wit among us could not learne [sic] one word of their language; and yet the people would soone vnderstand [sic] any signe [sic] wee [sic] made to them” (Raven-Hart 1967: 23).  Lancaster het verder gesê:  “Their language is very hard to be pronounced, by reason of a kinde [sic] of clacking with the tongue, so that we could not learne [sic] one worde [sic] of their language” (Raven-Hart 1967:  24).

Jacob van Spilbergen (1601) het oor die Khoin-Santaal gesê:  “ … having a very strange speech, clucking like turkeys” (Raven-Hart 1967:  28).  Jacob Pieterszoon van Enkhuisen (1804) het homself soos volg oor die Khoin-Santale en voorkoms uitgelaat:  “They clucked like turkeys and smeared their bodies so that they stank disgustingly” (Raven-Hart 1967:  29).

William Keeling (1609) het dieselfde onvermoë om met die Khoin en San te kommunikeer uitgespreek toe hy hulle naby Saldanhaabaai ontmoet het.  Hy het o.a. gesê:  “… we went ashoare [sic] where we found many of the Saldanians alias Cafres … to speake [sic] with us although wee [sic] could not understand them: …” (Raven-Hart 1967:  36).  Dit skyn egter asof die Nederlander Cornelis Matelief (1608) meer begrip vir die Khoin- en Santaal gehad het.  Ten op sigte van sy veehandel met die Khoin-San het hy gesê:  “…and learning that we came to get oxen and sheep they asked what wares we had to barter for them, and asked to see them.  We must sit down, they said, again and again calling out Kahou, Kahou, which is to say sit down.  An ox they called Bou, a sheep Bae …” (Raven-Hart 1967:  38).

Edward Terry (1616), ‘n kapelaan in Benjamin Joseph se vloot het oor die Khoin- en Santale gesê:  “God … they … acknowledge none … their speech it seemed to us inarticulate noise, rather than language like the clucking of hens, or gabling of turkeys”. …  Augustin de Beaulieu (1620 and 1622) se kommentaar oor die Khoin- en Santale was min of meer dieselfde:  “They speak from the throat, and seem to sob and sigh when speaking.  Their usual greeting on meeting us is to dance a song, of which the beginning, the middle, and the end is hautitou” (Raven-Hart 1967:  101).

Sover was die meeste skrywers oor die Khoi-khoin en San en hul taal negatief.  Daarom is William wat die Kaap in 1624 en 1626 besoek het so verfrissend.  Hy het soos volg geskryf:  “You may please to take notice that wee [sic] had such good quarter with the Saldanians, more then was expected, so much neaver [sic] had before, shewing [sic] themselves very affable and tractable vuto vs [sic], and not of so base and beastlike disposition, and voyde [sic] of all reason as commonly it hath been reported of them” (Ravn-Hart 1967: 114).  Dit sou egter Thomas Herbert wees wat die beste kommentaar oor die Khoi-khoin- en Santale sou lewer.  Nadat hy iets oor hul voorkoms gesê het, gee hy etlike woorde en hul betekenisse.  Vergelyk die volgende::

Een            istwee     
twee            istum
drie            istgwuning
vier             hacky
vyf            croe
ses        I    stgunny
sewe            chowhawgh
agt             laishow
nege             cusho    
tien            gheshy    

Die Khoin en San kon glo net tot tien tel.  Ander woorde was:

        Mes            Droaf                 
        Veerpen        Guasaco
        Hoed            Twubba
        Neus            Tweam    
        Swaard            Duslingo    
        Skip            Chicummy    
        Brass            Hadderchereef    
        Water            Chtamney    
        Vel            Gwummey
        Armband        Whohoop    
        eierdoppe        Sunn    
        Robbe            Harkash
        Vrou            Traqueseosh
        Brood            Bara        

Die dokument Remonstratie (1649) wat ‘n deurslaggewende rol gespeel het in die VOC se besluit om ‘n verversingspos aan die Kaap te stig, was ook baie positief teenoor die Khoin en San se taalvermoë.  Dit het voorspel dat “It is clear thet [sic] the aforesaid [Khoin en San] will surely learn Dutch … [they] knew how to say ‘First brin wood, then eat; and they could call by their names nearly all those of the ship Haerlem, and speak a few words, so that they would without doubt be able to learn our language” (Raven-Hart 1967:  178).   Dis ‘n interessante opmerking.  Daar word nie gepraat oor die aanleer van die Khoin- en Santale deur die Nederlanders nie, maar liewer die Khoin en San wat Nederlands sou moes aanleer.

1.3.    Die Khoin- en Santale tydens die VOC bewind

Op 6 April 1652 het drie VOC skepe anker by die Kaap gegooi en daarmee het die Nederlandse besetting begin wat uiteindelik in 1795 geëindig het.  Laat ons gou net ‘n woord sê oor die besluit van die Here XVII om ‘n verversingstasie aan die Kaap te stig.  Heelwat is natuurlik al oor die hierdie aangeleentheid geskryf.  

Nederlandse belangstelling in die Kaap het begin toe Cornelis de Houtman se vloot van 4 skepe in 1595 hier aangedoen het.  Hy het natuurlik voet aan wal gesit by Mosselbaai.  Ander vlote sou weldra volg.   Toe die Nederlandse State-General (Parlement) op 20 Maart 1602 ‘n oktrooi vir die stigting van die Nederlandsche Oost-Indiese Compagnie of Verenigde Oos Indiese Kompanje (NOIK) uitgereik het, was die nuutverkose direkteure dus bewus van die Kaap.  Hierdie oktrooi het ‘n reeks Nederlandse maatskappye wat besigheid bedryf het in die Verre Ooste, kom saambind.  Die bestuur sou uit 17 direkteure bestaan wat vir 6 jaar in Amsterdam sou ontmoet, dan 2 jaar in Middelburg, dan weer in Amsterdam, ens.  Die NOIK of VOC se wins was in sy vroeë jare fenomenaal.  Die Portugese skepe, fabrieke en besittings in Indië het ook weldra slagoffers geword.  In 1619 nader die Engelse Oos-Indiese Kompanje die NOIK of VOC oor die moontlikheid van ‘n gesamentlike verversingstasie aan die Kaap.  Die voorstel vind egter geen byval by die Nederlanders nie.  In 1620 kom twee Engelse skeepslui, Fitzherbert en Shillinge, by Tafelbaai aan en proklameer die gebied as Britse eiendom in die naam van koning Jakobus.  Hierdie proklamasie was egter nooit deur die koning bekragtig nie.

In 1648 strand die Haarlem by Bloubergstrand.  Hierdie gebeurtenis het groot implikasies vir Suid-Afrika ingehou.  Die bemanning was ingenome met toestande by die Kaap.  Hulle het o.a. ‘n tuin aangelê en vee van die Khoi-khoin geruil.  Hulle het ook byna 6 maande aan die Kaap gebly voordat hulle terug Nederlande toe geneem is.  By hul aankoms in die Nederlande stel Leendert Janssen en Nicolaas Proot, twee offisiere van die Haarlem, ‘n dokument op.  Hulle bied dit aan die Kamer van Amsterdam.  Hulle dui aan o.a. die voordele van ‘n verversingstasie by die Kaap.  Die Amsterdamse Kamer verwys die dokument na die Here XVII en op 30 Augustus 1650 besluit die NOIK of VOC om ‘n verversingstasie aan die Kaap te kom stig.  Jan van Riebeeck, ‘n voormalige skeepsdokter en daarna ‘n verkoopsman in die Verre Ooste, sou die eerste kommandeur van die verversingstasie wees.

 Hoe het die Khoin- en Santale in die NOIK of VOC tydperk daar uitgesien?  Die meeste opmerkings wat Nienaber noem, het voortgeduur.  Eerstens, die Nederlanders het nooit die Khoin- en Santale aangeleer nie. Hulle het liewer ruimskoots van tolke gebruik gemaak.  Tweedens, baie Khoi-khoin en San het ook Nederlands geleer.  Derdens, hoe langer die NOIK of VOC aan die Kaap gebly het, hoe minder kontak het die nuwe koloniste met die Khoi-khoin en San gehad, want die Khoi-khoin was gedeeltelik uitgeskuif.  Hule was nie meer die enigste nie-wit mense met wie die koloniste moes kommunikeer nie.  Daar was talle slawe, ander vry Swartes, e.a.

Laat ons nou kyk na die omgang wat verskillende gowerneurs met die Khoin- en San gehad het.  Jan Van Riebeeck (kommandeur vanaf 1652 tot 1662) het verskillende stamme aan die Kaap aangetref (cf. Le Roux (1945), Elphick (1985), Bredekamp (1983) en Brink (2000)).  Meer sal oor hierdie stamme in die volgende hoofstuk gesê word.  In sy  beginjare het hy meestal met Autshumao (Harry) gekommunikeer.  Autshumao was ‘n plaaslike Khoi-hoofman wat Engels kon praat.  Hy was al selfs in Engeland toe Van Riebeeck hier in 1652 geland aangedoen het.  Dan was daar ook nog Krotoa, Autshumao se kleinniggie, wat gehelp met tolkery.  Van Riebeeck se kontak met die verskillende Khoin-stamhoofde was meestal om veeruil te bevorder.  In sy tien jaar verblyf aan die Kaap het Van Riebeeck talle van hierdie stamhoofde en hoofmanne ontmoet.  Deel van sy opdragte van die VOC was om vars groente, vrugte en vee aan verbygaande Nederlandse skepe te voorsien. Hy het dit dan ook gedoen.  Ten opsigte van die Khoin- en Santale het Van Riebeck opgelet dat hulle klink ook soos die gekloek van kalkoene (Brink 2000).

Zacharias Wagenaar (1662-1666) het Van Riebeeck as kommandeur van die nedersetting opgevolg.  Hy het soos Van Riebeeck vriendelike verhoudinge met die Khoin en San gehandhaaf, want veeruil met hierdie mense was van die grootste belang.  Soos in die geval van Van Riebeeck het hy ook die Khoi- en Santale vreemd gevind en nooit enige pogings aangewend om enige van hierdie tale aan te leer nie.  Daar was tolke wat kon help met die kommunikasie tussen die Khoin en San wat gereeld met Wagenaar verkeer het. Van hulle  het ook Nederlands aangeleer.

Na Wagenaar het C. Van Quaelbergen (1666-7) as kommandeur na die Kaap  gekom.  Soos sy twee voorgangers het ook goeie verhoudinge met die Khoin en San kom handhaaf en dit ook in die openbaar uitgespel.  Hy het hulle nog steeds as barbare beskou.  Op 24 September 1666 het hy gesê “[the] orginal inhabitants should be respected”.  In dieselfde asem het hy na hulle verwys as “these greedy Africans, commonly called Hottentots” (Moodie 1980: 258).  Kommandeure Borghorst (1667-70) en Pieter Hackius (1667-71) het basies dieselfde beleid, naamlik goeie verhoudinge met die Khoin en San, gevolg, want die veeruil kon nie in gevaar gestel word nie.  Ten op sigte van die Khoin- en Santale was hul houding ook maar basies dieselfde as hul voorgangers.  Hulle het hierdie tale vreemd gevind en nie die nodigheid gesien waarom hulle aangeleer moes word nie.  Hackius was opgevolg deur Isbrand Goske (1672-76).  Dis ook in hierdie jare dat die Tweede Nederlands-Khoin Oorlog (1663-77) plaasgevind het.  Mens wonder of hierdie oorlog ooit plaas sou gevind het indien die Nederlanders die Khoi- en Santale kon verstaan het.  Kommunikasie is tog uiters belangrik.  Dis egter die ongeluk: oral waar mens kolonialisme gehad het, was die kolonialer maar traag om die plaaslke mense se tale aan te leer.
 
Joan Bax (1676 – 78) het Goske opgevolg.  Sy titel het verander vanaf kommandeur na goewerneur.  In sy tyd het die oorlog tot ‘n einde gekom.  Teen hierdie tyd was die nedersetting al taamlik ver uitgebrei.  Daar was al verskeie distrikte.  In 1679 het Simon Van Der Stel goeweneur Bax opgevolg en het gedien tot 1799.  Hy het voortgegaan met die beleid van goeie verhoudinge met die Khoin en San, maar het sy gevoelens t.o.v. die Khoin en San duidelik uitgespel.  Hy het hulle gesien as niks anders as barbare nie (Moodie 1982: 373).  Hy het ook die konstitusionele posisie van die Khoin en San merkwaardig kom verander.  Hy het nou die Khoin en San leierskap begin aanstel. Wanneer hy iemand as hoofman aangestel het dan het hy gewoonlik daardie persoon ‘n gegraveerde kierie gegee as simbool van sy status.  Hierdie kierie het later ‘n gesogte statussimbool geword.  Teen hierdie tyd was die gesag van Khoin- en Sanstamhoofde en hoofmanne feitlik totaal vernietig.  Ten opsigte van die Khoin- en Santale het hy egter niks gedoen nie.  Dit was nog nooit en sou ook nooit ‘n prioriteit word nie.

Willem Adriaan Van Der Stel (1699-1707) en feitlik al die goewerneurs daarna tot met die val van die VOC se gesag aan die Kaap in 1795 het hulle geensins aan Khoin- en Santaalsake gesteur nie.  Hulle het bloot maatskappy se goeie verhoudinge teenoor die Khoin en San-beleid handhaaf.

1.4.    G.S. Nienaber se Tipologie

Nienaber is korrek as hy sê dat die ontdekking van die Khoin en San toevallig was.  Hy voer aan dat dit die gevolg van die maritieme handel met die Ooste was, want die landreis na Kalikoet, die sentrum van die speseryhandel was gevaarlik, lank en duur.  ‘n Alternatiewe weg oorsee moes dus gevind word.  Uiteindelik het die roete na die Verre Ooste om die suidelike punt van Afrika waar die Khoi-khoin en San hul tuiste gehad het, bekend geraak.(Nienaber 1963: 2).  Besoekers aan die Kaap was gefasineerd met die taal van die Khoi-khoin en San, want dit was totaal vreemd.

Nienaber in ‘n hoofstuk getiteld “Die Gesukkel Met ‘n Onleerbare Taal” (2003: 79-95) ontleed Khoin- en Santale onder twee groot afdelings naamlik “Kort vergelykinge” en “Algemene waarde-omskrywings”.  Dit is op ‘n ontleding van verskillende reisgers na die Kaap se beskrywings geskoei.  

Hy gebruik die onderstaande tipologie.

I.    Konkrete vergelykinge begin met  

A.    Vereenselwiging met menslike handelinge.  

Sommige van hierdie mense het die Khoin- en Santale aangehoor as:

(a)       hik en sug;

(b)       klok en fluit;

(c)        hakkel.  Nienaber sê dat by Dapper (1668) het ons gelees dat die taal vir
    die Nederlanders geklink het soos die gehakkel of gestamel van iemand;

(d)        kropsiekte (geswel van die krop as gevolg van ‘n vergroting van die
    skildklier).  Willem Lodewyckx, een van Cornelis de Houtman
    (1595) se bemanningslede, het hierdie opmerking gemaak (p. 80);

(e)         Gorrelgeluide;

(f)         klap met duim en vingers.  Nienaber skryf dat “Die Hottentotte [sic] se     
klapgeluide roep dikwels die beeld op van iemand wat sy vingers laat kraak         of wat sy duim van sy middelvinger laat afspring” (p. 81).

(g)         Klik en smak met die tong;

(h)          Spraakgebrekkig.  Willem Lodewyckx het geglo dat die Khoi-khoin aan     
‘n spraakgebrek gely het en “belemmert” gepraat het.  Hy wou dus te kenne gee  dat daar ‘n tekort in die Khoi-khoin se spraakinstrumentarium was wat hulle verhinder het om die peil van die spraakbegaafdes te bereik.  Hulle was dus in toerusting agterlik en hul taal gevolglik primitief (p. 82).

    B.            Vereenselwiging met diergeluide (pp. 82-84)

   (a)        kalkoene.  Die vergelyking wat ons die vroegste en die meeste hoor, is
die een wat sê dat die Khoin en San se gutturale praatmanier aan die gekloek van ‘n kalkoen laat dink.  Die Portugese, Nederlanders, Engelse, Duitsers en Franse het spontaan hierdie beeld gekies.

(b)    Hoenders, henne en ganse.  Die volgende persone word na verwys:  Pontanus (1595), Davis (‘they clocke with the tongue like a brood hen’.), Terry (1615) en Seyger van Richteren (1629).
(c)    Voëls.  Le Vaillant, ‘n ornitoloog, het die Khoin- en Santale verdedig en ontken dat dit soos voëls klink.

(d)    Ape en bobbejane.  Sir Thomas Herbert (1626) het beweer dat die Khoi-khoin soos ape geklink het:  ‘their words sounded rather like that of apes, then men’ (p. 84).

(e)    Skape.  Die Khoin- en Santale was ook vergelyk met die geblêr van skape.

II.    Algemene waarde-omskrywings

Nienaber beweer dat wanneer die Khoin- en Santale se beskrywinge nie metafories of beeldend was nie, hulle meestal waardebepaling bevat het.  

(a)    Die Khoin- en Santale was vreemd (p. 850.  

De Houtman (1595) het gesê dat hulle praat ‘seer vreemd met gedrachten’ [d.i. met gebare].  Spilbergen (1601) getuig:  ‘Zij hebben een vreemd sprake’; Schweitzer (1676) ‘sie haben ein wunderliche sprache’.  Hesse (1680) het geskryf:  ‘Hare wonder-vreemde Spraeck’
        
(b)    Khoin- en Santale kon nie uitgespreek word nie (p. 85)

Nienaber beweer dat hierdie gedagte feitlik aan almal verkoop was, naamlik, dat die Khoin- en Santale nie aangeleer kon word nie.  Davis (1598) verklaar dat ‘their words are for the most part inarticulate’.  Terry (1615) het gesê dat die Khoin- en Santale was ‘inarticulate noise’.  Tarvenier (1649) het gesê ‘hun taal is meer ongearticuleerd dan gearticuleerd’.  Vir Schwitzer en Cook was dit onnabootsbaar, vir Holsteiner ‘onmenslik’, vir De Houtman, Matelief en ander ‘belemmert spreken’ en vir Ogilby ‘corruption of speech’.

©    Khoin- en Santale kon nie geleer word nie (p. 85)

Baie skrywers het gemeen dat die Khoin- en Santale nie aangeleer kon word nie.  James Lancaster (1601) het beweer ‘that in seven weeks which we remained here in this place, the sharpest wit among us could not learne [sic] one word of their language’.  Baie andere het so gedink:  Scwitzer (1676), Wintergerst (1705).   Bultner (1711) het gesê:  ‘Sie haben eine wunderliche Sprache, sie ist sehr schwer zu lernen, und kan auch von keiner Europaer gelernet werden, doch die Kinder so alhier von deinen Europaern gebohren worden, lernen sie perfect redden …’

(d)    Khoin-Santale was onverstaanbaar (p. 86)

Europeërs kon nie die taal verstaan nie.  De Houtman (1595) en Hulsius, sy reisgenoot; Lancaster (1601) en tot by Bolling (1670), Hoffmann (1692), Vogel (1679), Wintergerst (1705) en andere het beweer dat hulle nie die Khoin-Santale kon verstaan nie.
(e)    Khoin- en Santale was nie geprys nie (p. 86)

Hulle is afgemaak as onwaardig.  J.J. Kaerel, Jr. (1595) het dit genoem ‘ongeschict, murmelen’.  Lodewyckx (1595) het dit bestempel as ‘seer belemmert spreken’; Saar (1660):  ‘ein unannehmliche Sprach’, Ogilby (1670) ‘corruption of speech’, Frikius (1680) ‘een onaengenaeme Spraeck’ en Ziegenbalgh (1706) ‘their language is very uncouth, and a sort of Gibberish, which no Body [sic] can learn’.

1.5.    Wat het met die Khoi-Khoin- en Santale in hierdie tyd gebeur?

1.5.1.    Die Khointale

Toe die eerste Europeërs die Kaap in die 15de en 16de eeu besoek het, het hulle die Khoi-khoin aangetref vanaf die Oranjerivier tot by die suide van die huidige Mosambiek.  In die vroeë 17de eeu was daar ongeveer elf verskillende variante van Kaapse Khointale gepraat vanaf die Kaap van Goeie Hoop in die weste, langs die Kaapse suidkus en sy hinterland tot sover oos tot by die Visrivier (Ephick 1985: 51 soos gekwoteer deur Traill (Mestrie 2002: 29)).  Skattings van Khoin-getalle in 1652 dui aan dat daar tussen 100 000 en 200 000 was (Mesthrie 2002: 29).  Binne sestig jaar sou die prentjie verander vanweë die feit dat die tradisionele Khoin ekonomie, hul maatskaplike struktuur en politieke orde feitlik totaal in duie gestort het (Elphick 1985: xvii in Mesthrie 2002: 29).  Die verskillende pokke-epidemies van 1713, 1735 en 1767 het verder gehelp om Khoin-getalle te laat daal.  Honderd jaar na 1652 het die Kaapse Khointale feitlik verdwyn en was dit vervang deur Khoi-Nederlands (Nienaber 1963: 97 in Mesthrie 2002: 29).  Aan die oosgrens sou die oostelike variante van die Khointale deur Xhosa geabsorbeer word (Mesthrie 2002: 29-31).  Ons kyk vervolgens na die Santale in die suidweste.

1.5.2.    Die Santale

Die Santale was almal lede van die !Kwi groep van die suidelike Santaalfamilie (Mesthrie 2002: 36).  Hierdie tale was gebruik vanaf die oostelike grens van Swaziland in die noordoos tot aan die mond van die Oranjerivier in die noordweste en vanaf die Natalse middellande in die suid-oos tot by die Wes-Kaap.  Dit is redelik aanvaarbaar dat die !Kwi tale oor die area vir ongeveer 8 000 jaar gepraat was.

Die !Kwi tale het in vier groepe verdeel (Mesthrie 2002:  36-44).  Hulle was die /Xam of /Kham, tweedens Seroa, //Ku//e en //Ng !K’e, derdens !Ga!ne en l;aastens //Xegwi.  Eersgenoemde was deur die Kaapse San (wat die Wes-Kaap insluit) gepraat.  Seroa, ens. was in die omgewing van die huidige Bethulie en Philippolis gepraat.  !Ga !ne was in die teenswoordige Transkei gebesig en //Xegwi was in die omgewing van die  Chrissiemeer in die huidige Mpumalanga gepraat.
   
1.6.    Samevatting

Ons noem ‘n paar feite in opsomming.  Eerstens, die periode voor en ná die koms van Jan Van Riebeeck was gekenmerk as ‘n tyd waar die Khoin- en Santale as ‘n las beskou was.  Daar was min waardering aan die kant van besoekers vir hierdie tale.  Tydens die VOC periode (1652 tot 1795) het dit ook nie veel beter gegaan nie.  Die verskillende kommandeurs en goewerneurs het ruimskoots van tolke gebruik gemaak en nooit self die Khoin- en Santale aangeleer nie.   Tweedens, daar was ‘n reeks variante van die Khoin- en Santale.  San persone van die Wes-Kaap het ‘n ander Santaal-variant gebruik as die persoon wat in die omgewing van die Chrissiemeer gewoon het.  Derdens, die koloniste het geweier om die Khoin- en Santale aan te leer en het aan die begin van tolke gebruik gemaak  Vierdens, meer en meer Khoin en San persone het Nederlands begin aanleer.





































HOOFSTUK 2


Die Khoin-groepe en hul kultuur tydens die VOC periode

2.1.    Inleiding

Hierdie hoofstuk sal kortliks kyk na die groepe vir wie die VOC en ander reisigers aan die Kaap ontmoet het.  Dit sal ruimskoots gebruik maak van die werk wat deur Le Roux (1945), Elphick (19), Bredekamp (1983) en Brink (2000) gedoen is.  Verder gaan hierdie hoofstuk in besonders oor die Kaapse Khoi-khoin handel, want dis met hulle dat die VOC die meeste kontak gehad het.


2.2.    Die oorsprong van die Kaapse Khoi-khoin


Daar is verskillende teorieë oor die oorsprong van die Kaapse Khoi-khoin.  Ons noem twee:  Nienaber (1963) en Elphick (1972) s’n.  Richard Elphick se “immigrant-teorie” beweer dat Botswana die voorvaderlike tuiste van die Khoi-khoin is.  Hul trek suidwaarts was nie ‘n sistematiese onderneming nie maar liewer die gevolg van ‘n soeke na nuwe weiding.  Die grondoorsaak was dus ekonomies van aard.  Die Khoi-khoin, beweer Elphick, het twee roetes gevolg.  Die grootste konsentrasie sou langs die westelike deel van die !Garieb (Oranjerivier) en in die suidwestelike deel wees.  Hierdie twee gebiede word verbind deur die ylbevolkte Klein Namakwaland langs die Atlantiese kus en die handelsroetes in die middel van die kontinent met die Indiese Oseaan.  Volgens Elphick het hierdie groepe verder suid gegaan.  Hulle was die Khoi-khoin wat o.a. Namas ingesluit het.  Van Riebeeck sou hierdie mense ontmoet toe hy in 1652 hier aangekom het.
G.S. Nienaber het ook die Khoi-khoin as immigrante bestempel.  Hy is nie soseer begaan oor hul geografiese afkoms nie, maar met hul taal.  Hy sien ‘n ooreenkoms tussen die verskillende Khointale en sekere antieke tale (Nienaber 1989: 11-15).  

2.3.    Die Kaapse Khoi-khoin en waar hulle gewoon het

Verskeie persone gee lyste van die Kaapse Khoi-khoin.  Ons noem van hierdie lyste:  Jan Van Riebeeck (Nienaber 1989:  15-18, 46), Nienaber (1963), Elphick (1985:  71-148) en Bredekamp (1983:  22, 33, 46, 60).  Hierdie skrywers tipeer die Khoi-khoin min of meer soos volg: die Khoi-khoin wat geografies verder was, die Khoi-khoin van die suidoos Kaap, die nabygeleё Khoi-khoin van die Wes-Kaap en die Skiereiland Khoi-khoin.  Eersgenoemde Khoi-khoin val buite ons bedieningsgebied, oftewel ons projek.  

2.3.1.    Die Khoi-khoin van die suidoos Kaap

Uit die aard van die saak sal ons nie die groepe wat verder van die Fort was, in meer besonderhede bespreek nie.  

2.3.1.1.          Die Hessequa

Hulle was die verste weg van die Fort en het min of meer tussen die Hessequa en Attaqua-vallei gewoon, m.a.w. tussen Swellendam en die Gouritsrivier.  Talle van die ou plase het nog die name van Hessequakrale, bv. Kluitjies, Appels, Bruintjies, Windvogelland en Kees.  Al hierdie Hessequakrale het elk onder die bewind van ‘n kaptein of hoofman gestaan.  Dikwels het talle hoofmanne hul krale rondom die hoof kraal van die Hessequastamhoof gehad.

Die Hessequa was anders as die Hisaqua wat ‘n San-groep was.  Van Riebeeck was onmiddellik beïndruk deur eersgenoemde.  Hulle het groot getalle vee en ook ‘n sterk stamhoof in die persoon van Gaukou gehad wat wel gespekteer was deur die burgers wat na hom as die “ou heer” verwys het.  Gedurende die veertien veeruilings met die Hessequa wat die VOC tussen die jare 1676 en 1699 onderneem het, het hulle tussen 250 grootvee en 450 skape geruil.  Die Hessequa was soos die ander Khoin-groepe uitgewis deur siektes, epidemies en in oorloё met die San.  Die Hessequa het dus soos die ander Khoin-groepe geleidelik agteruit gegaan.

2.3.1.2.         Die Chainouqua

Die Chainouqua se weivelde het gestrek langs die suidkus vanaf die Breёrivier, langs die Sondereinderivier, oor die Hottentots-Hollandberge sover as die Eersterivier.  Hier het stamhoof Soeswa regeer tot 1663 toe hy oorlede is en deur sy seun Koeboe opgevolg is (Elphick 1972:  198).  Die Chainouqua het beweer dat Soeswa die tweede hoogste stamhoof van alle Khoistamme was.  Hy sou slegs ondergeskik aan die Khoebahu van die Humqua (Inqua) wees.  Die Chainouqua het verder beweer dat hy die gesag gehad het om ontslae te kon raak van Cochoqua en Skiereiland se stamhoofde.  

2.3.1.3        Die Hancumqua

Jan Van Riebeeck het deur Krotoa (Eva) te hore gekom van hierdie stam.  Hy het ook gehoor dat hul leier Khoebahu die grootste van alle Khoin-leiers was.  Die Chainouqua wat onder die leierskap van Soeswa was, het direk onder hom gestaan.  Hulle het in die Land van Waveren, die huidige Tulbagh, gewoon.  Na Van Riebeeck het sy opvolger, Wagenaar, weer die Hancamqua genoem.  Hierdie stam het egter nooit die Fort kom besoek nie.

2.3.2.    Die nabygeleë Khoi-khoin van die Weskaap

2.3.2.1.         Die Cochoqua

Hulle was eers die Saldanhars genoem.  Hulle het hierdie naam van die Nederlanders gekry.  Die naam Quena was ook soms vir hulle gebruik.  Soms was hulle ook die Gonnemes of Goenemans, afgelei van Gonneman, die “Swart Kaptein”, genoem.  Die naam Cochoqua is afgelei van Cochob, een van hul vroeër leiers.  Cochoqua kan vertaal word as mense met die “Smalwange”.  Die naam Cochoqua het ook aanleiding gegee tot ander name.  Sommige van hulle is die Cogmansvallei (in 1728 so genoem), Koggemans, Kochmans, Kochmons, Cochmans, Kogmans.  Hierdie name was gewoonlik gekoppel aan ‘n kloof, ‘n rivier, ens.  Voorbeelde is die Kogmanskloof en Kogmansrivier naby Montagu.  Rondom 1700 het die Cochoqua ook bekend geraak as die Gonnemans.

Toe  Jan van Riebeeck hier aan die Kaap aangekom het, het hy twee Cochoqua leiers, te wete, Oedosoa en die “Swart Kaptein”, Gonnema, hier aangetref.  Oedosoa was die senior leier.  Gonnema was die “Swart Kaptein” genoem omdat hy altyd swart gesmeer was.  

Die Cochoqua het kontak met feitlik al die vroeë kommandeurs en goeweneurs van die VOC gehad.  Ons noem twee voorbeelde.  Die Cochoqua was een van die verskaffers van vee aan die VOC.  In Oktober 1662 het Kommandeur Wagenaar, opvolger van Van Riebeeck, persoonlik Oedosoa en Gonnema gaan besoek.  Hy wou vee van hulle ruil.  In Desember 1663 het Oedosoa die Fort besoek en die VOC gevra om beskerming teen die Chainoqua en Hessequa.  Die Cochoqua het soos die meeste ander Khoinstamme ook geleidelik agter uitgegaan.

Elphick beweer dat die Cochoqua beweeg het vanaf die noordelikste deel van die Kaapse Skiereiland tot by die Bergrivier en verder noord.  In 1664 was daar al Cochoquakrale sover as die Olifantsrivier.  Hul weiding was die lang “gang” tussen die San-bewoonde berge van die ooste en die see aan die weste.  Verder het hulle ook aanspraak gemaak op weiding by Saldanhabaai en in die Kaapse Skiereiland.  Hul migrasiepatroon kan nie met sekerheid gepeil word nie, maar hulle het gewoonlik suidwaarts in die somermaande beweeg.  

2.3.2.2.     Die Skiereiland Khoi-khoin

Die Skiereiland Khoi-khoin was drie groepe, naamlik, die Gorachouqua, die Goringhaikonas en die Goringhaqua (Elphick 1972:  143-171; Bredekamp 1983:  60-73; Nienaber 1989:  401-407).  In sy 1662 verslag aan Wagenaar, die inkomende kommandeur, het Van Riebeeck die Goringhaiqua en die Gorachouqua onderskeidelik geskat op 300 en 600-700 man.  In Januarie 1658 het Van Riebeeck die gesamentlike getal beeste en skape van die Goringhaiqua en Gorachouqua onderskeidelik geskat op 3000 beeste en 2000 skape.  Hulle het almal aanspraak gemaak op die weivelde van die Kaapse Skiereiland en die nabygeleë hinterland en hulle het ook ‘n nominale verbandskap met stamhoof Gogosoa van die Goringhaiqua gehad.  Ons bespreek eers die Gorachouqua.

Gorachouqua beteken “Mense of Persone van Chora/Choro se kraal of kamp”.  Hierdie stam het dikwels rusie gemaak met die ander stamme, veral met die Cochoqua (die Saldanhars), want Choro was ‘n vassal; dienaar/kneg teen van een van hierdie groepe.  Hy kon dit nie verdra om voorgeskryf te word nie.

In Januarie 1658 het die Gorachouqua ongeveer 2000 beeste en 1000 skape gehad, maar het geweier om hul vee met die VOC te ruil.  Verder, vanaf die middel van die 1670s het die Gorachouqua feitlik verdwyn uit die amptelike dokumente van die VOC.  Ongeveer 1680 het hulle noord en noordoos van Tafelbaai getrek.  Hulle sou later as die Korannas bekend staan (Nienaber 1989: 407).  Soos talle ander Khoin-stamme het die Gorachouqua ook uit die Kaapse Skiereiland verdwyn.

Die Goringhaiqua was die “Kaapmans” deur die Nederlanders genoem.  Goringhaiqua beteken “mense van die hoё krale”.  Hul krale was op die berge rondom die Kaapse Skiereiland.  Hulle kon op die “twee oseane”, naamlik, die Atlantiese en Indiese, sien.  Hulle het hul naam behou toe hulle later noordwaarts na die vlaktes van Kheis verhuis het.  Hier het die reisiger Wikar hulle in 1778-9 aangetref.  Hulle het nou na hulself as die Kouringals of ‘Hooge Kraal’ langs die !Garieb (Oranjerivier) verwys.  Wikar het hulle die eerste van die Klein Koranna genoem (Nienaber 1989:  413).

Gogosoa, die Goringhaiqua stamhoof, het ook oor Choro van die Gorachouqua geheers.  Beide Gogosoa en Choro op hul beurt was ondergeskik aan Oedosoa, die Cochoqua leier.  Oedosoa op sy beurt moes die knie buig voor die Chainouqua of Kaapmans.

Schacher het sy vader Gogosoa in 1665 as stamhoof van die Goringhaiqua opgevolg.  Saam met Choro van die Gorachouqua en Autshumao (Herrie, die Strandloper) van die Goringhaikona het Schacher die Eerste Nederlands-Khoin Oorlog (1659-60) gevoer.  Dit was ook Schacher en Kuiper (‘n ander Khoi-hoofman) wat grond in 1672 aan die VOC verkoop het (Bredekamp 1983: 62-65).  Voorts, het Schacher hom met die VOC geskaar teen Gonnema van die Cochoqua tydens die Tweede Nederlands-Khoin Oorlog (1673-77).

Doman was nog ‘n ander sterk Goringhaiqua leier.  Hy het as vertaler vir die VOC opgetree.  Die naam Doman was blykbaar ‘n Khoi-bynaam wat verwant was aan sy taak as VOC vertaler.  Die Namagowab woord vir stem is domi, maar die Nederlanders het dit gehoor as dominee (Elphick 1972:  163-4).  Die VOC het Doman na Batavia gestuur (1657-8) om hom voor te berei as vertaler aan die Kaap.  Sy verblyf daar het hom diep beïnvloed:  hy was veral beindruk met die Nederlanders se wyse van oorlogsvoering.   Na sy terugkeer na Suid-Afrika het hy die VOC hewig begin opponeer.  Hy sou ‘n vreeslose guerrilla-oorlog leier in die 1659-60 oorlog word.  Hy sterf uiteindelik in 1663.  Soos so baie ander Khoinstamme het die Goringhaiqua ook verdwyn.

Die Goringhaikona staan ook bekend as die “Strandlopers” (Elphick 1972: 146-148); Nienaber 1989:  407-409, 860-864).  Hulle het ook ‘n beduidende rol in Kaapse aangeleenthede gespeel.  Die Goringhaikona of “Strandlopers” was veeloos en het langs die strande van Tafelbaai beweeg.  In 1652 het hulle ongeveer tussen veertig en vyftig getel.  Elphick beweer dat vanuit hul geledere die eerste proto-“Kleurlinge” gekom het.  Hy beweer ook dat mens moet nie die fout begaan om hulle as ‘n stam te bestempel soos ander Khoinstamme.  Hulle was die reste van verskillende Khoinstamme aan die Kaap.  Die Goringhaikona het ook bestaan uit vlugtelinge, uitgeworpenes, weses en ander familielose persone.  Elphick voer aan dat hulle nie familiebande gehad het nie, maar dit was liewer hul leefstyl, ens. wat hulle bymekaar gehou het.

Autshumao of Herrie, ‘n entrepeur, ‘n talentvolle linguis en  diplomaat was hul leier.  Bredekamp beweer dan ook dat hy nie ‘n tradisionale Khoin-leier was nie, maar dat hy deur die Nederlanders tot ‘n leierskapsposisie verhef is.  Autshamao het vir jare as tolk vir die VOC gedien.  In 1658 het die ander Skiereiland Khoi-khoin teen hom gedraai.  Hierdie gebeure het uiteindelik tot sy verbanning na Robben Eiland gelei en in die proses het die VOC ook sy vee gekonfiskeer.  Tydens die Eerste Nederlands-Khoin Oorlog was Autshamao twee keer laat haal vanaf Robben Eiland om as tolk en adviseur te kom optree.  In Desember 1659 het hy vanaf die eiland ontsnap.  Terug op die vasteland het hy sy aktiwiteite as tolk en segsman hervat, maar hierdie keer vir die Gorinhaiqua en die Gorachouqua.  Hy het uiteindelik in 1663 gesterf.
Krotoa of Eva, Autshamao se kleinniggie, was nog ‘n ander groot persoonlikheid (1642/3-1674).  Haar moeder was ‘n Goringhaiqua en haar “suster” wat o.a. die gewese vrou van Goeboe, die de facto Chainouqua stamhoof was, het later die  belangrikste vrou van Oedosoa, die Cochoqua stamhoof, geword.  Krotoa het na die aankoms van Van Riebeeck in sy huishouding begin werk.  Hier het sy vereuropees en o.a. Nederlands en Portugees aangeleer.  Sy het dan ook weldra ‘n tolk vir die Nederlanders geword.  Sy het ook ‘n Christen geword en vanweë hierdie feit was sy toegelaat om met Pieter Van Meerhof, ‘n VOC werknemer, te trou.

Ook die Goringhaikona of die Strandlopers het soos talle ander Khoinstamme geleidelik verdwyn.

2.4.    Die kultuur van die Weskaapse Khoi-khoin

Aangesien hierdie ‘n onderwerp op sy eie is, sal daar slegs ‘n paar aspekte van Khoin kultuur uitgelig word.  Ons begin met hul fisiese voorkoms.

Van verskeie reisigers (sien hoofstuk 1) het ons geleer hoe die Khoi-khoin fisies daar uitgesien het.  Eerstens, hulle het hulself met vet blink gesmeer.  Daar is egter nooit ‘n verklaring gegee oor waarom hulle hulself so besmeer het nie.  In sommige gevalle het die vet van hulle afgedrup.  Was die gesmedery ‘n poging om insekte af te weer of was dit vir estetiese redes?  Verder het hulle hulself bedek met klere wat hulle vanuit die velle van beeste en skape gemaak het.

Tweedens, die Khoi-khoin het ook groot troppe vee aangehou.  Hierdie vee was hoofsaaklik aangehou vir voedseldoeleindes.  Die velle was gebruik om klere van te maak en vir ander doeleindes.

Derdens, daar was ook verskillende !naus of oorgangsrites (rites of passage) wat die Khoi-khoin nagekom het (Boezak en Brink 2000).  Hierdie !naus het gestrek vanaf geboorte tot by die graf.  ‘n Belangrike !nau was die oorgang tot puberteit.  In die geval van jong seuns was hulle deur ouer mans wat hul vaders ingesluit het, uitgeneem en die fyner kunsies van jag geleer.  In die geval van jong dogters het dit tot die hokmeisie tradisie gelei.  Hierdie tradisie leef vandag nog en word veral deur die Namas beoefen.  Die jong dogter word wanneer sy haar eerste maandstonde kry in isolasie geplaas.  In die verlede was gewoonlik ‘n afsonderlike hut vir haar ingerig.  Deesdae word sy in ‘n aparte kamer in die huis geplaas.  Die ouer dames in die gemeenskap kom en gesels met haar oor haar verantwoordelikheid as volwasse vrou.  Dit is ‘n soort van voorligting en voorbereiding vir haar rol as volwassene om ‘n volwaardige “burger” in die gemenskap te word.  Na ‘n aantal dae in isolasie word die jong dame na buite uitgebring.  In die Nama tradisie word daar gewoonlik gedans en fees gevier.

Vierdens, die Khoi-khoin het ook ‘n gevestigde leierskappatroon gehad. Toe die VOC hier in 1652 aangekom het, het dit gevestigde Khoinstamme met vaste leierskappatrone aangetref (Brink 2000:  16-21).  ‘n Stam, volgens Elphick was:  “a group of Khoikhoin who habitually called themselves, or were called by others, a specific name” (Elphick 1972:  88).  Aan die hoof van die stam was die stamhoof.  In sy raad was daar verskillende hoofmanne.  Elke hoofman het weer op sy beurt ‘n raad gehad.  Die Khoi-titel vir hoofman is Khoeque.  Onder elke hoofman was daar weer verskillende kleiner groepe wat in verskillende krale gewoon het.

Die magte van die stamhoof en hoofmanne was duidelik omskryf  (Brink 2000: 17-18).  Die stamhoof was onderworpe aan die gesag en besluite van sy raadslede.  Verder het die stamhoof ook as voorsitter opgetree tydens stamvergaderings en was hy ook hoof van sy eie kraal.  Sodoende was hy hoof van sy eie kraal en ook van die stam.

Die stamhoof het uit die aard van die saak meer voorregte en regte gehad: hy kon veelwyery toepas wat seldsaam onder die Khoi-khoin was;  hy kon meer vet aan sy lyf smeer; hy kon ook ‘n groter hut as sy volgelinge bewoon en kon ook ‘n beter diervel of  op ‘n koperbelaaide houttroon sit.  Daar was egter ook beperkings aan sy gesag.  Hy kon, bv.  nie enige belastings op sy volgelinge plaas nie.  Hy kon slegs heffings oplê in die geval van oorlog en ander groot projekte. Die gesag van hoofmanne was tot hul spesifieke krale beperk.

Die funksies van die stamraad was taamlik wyd.  Dit het alle aspekte van stamlewe, byvoorbeeld, die ekonomiese, juridiese en geloofslewe behels.  Die rade van hoofmanne het dieselfde in hul krale gedoen. Stamhoofde en hoofmanne het egter nooit outonoom opgetree nie.  Hulle het eers na breedvoerige gesprekke met hul rade ingeligte besluite geneem.  

2.5.    Die San in die suidweste

Aanvanklik het die koloniste nie die verskil tussen die Khoi-khoin en San geken nie.  Hulle is beskou as een en dieselfde ras.  Mens hoor vir die eerste keer van die San in Jan Van Riebeeck se dagverhaal wanneer hy aanteken dat die Khoi-khoin hom gewaarsku het dat die “Souquas” ‘nergens anders als van den roof leven’.  Volgens Boshoff (1929:  373) het selfs die Khoi-khoin op die San neergesien:  “Maar selfs die Hottentotte … het die Boesmans by die wilde diere gereken en hulle soos ongediertes uitegroei”.  Koloniste het blykbaar vir die eerste keer met die San in aanraking gekom, toe lede van ‘n ekspedisie na die binneland gegaan het. Met hul terugkeer kom vertel hulle dat ook ‘eenigen Souquaas’ raakgeloop het (Scholtz 1967: 208-210).

Die San het eers ‘n vraagstuk vir die koloniste geword namate die grense van die volksplanting oor die Kaapse Vlakte nader aan die berge van die binneland verskuif het.  Daar word gemeld dat die San hulle tydens die Tweede Nederlands-Khoin Oorlog sommige koloniste vermoor het (Scholtz 1967:  209).  

Teen 1690 het die koloniste egter feitlik daarin geslaag om die San uit die berge van Stellenbosch en Drakenstein te verdryf, want tien jaar later word daar geensins enige probleme met die San ondervind nie (Scholtz 1967: 209).  Sake het egter teen die jaar 1700 toe koloniste hulle in die omgewing van die Land van Waveren (Tulbagh) gaan vestig het, verander. Talle San het in daardie berge geskuil.  Weereens het die San hulle skuldig gemaak aan die roof van koloniste se vee.  Reeds op 13 Maart 1701 moes die Politieke Raad van die VOC kennis neem dat die San die vee van die koloniste in die omgewing van Riebeekkasteel geroof het.  Daar word dus besluit om ‘n ekspedisie teen die San uit te stuur.  Dit was egter ‘n mislukking.  Die rooftogte en geweldpleging van die San het vir etlike jare voortgeduur.  ‘n Gevolg van hierdie San- rooftogte was die VOC se oprigting van militêre wagposte op sekere plekke in die binneland. Uiteindelik was die San uit die berge rondom die Land van Waveren verdryf.  Die konflik tussen die San en koloniste sou verder voortgaan tot in die 18de eeu (Scholtz 1967: 210).     
   
2.6.    Die Khoi-khoin - en Santale in hierdie tye

Die verskillende Khoinstamme in die Wes-Kaap, bv. die Cochoqua, Gorachouqua, e.a. het almal variante van die Khointaal gepraat.  Faktore buite hul beheer sou hulle noemenswaardig beïnvloed.  Een daarvan was die verskillende pokke-epidemies wat hul getalle drasties verminder het.  Behalwe die pokke-epidemies was daar twee ander probleme wat die Khointaal nadelig beïnvloed het (Mesthrie 2002: 32).  Die eerste probleem wat die Khointaal in die gesig gestaar het, was die negatiewe ingesteldheid van die Europeërs teenoor diè taal.  Hulle het eenvoudig net hierdie taal as onverstaanbaar, ens. afgeskryf.  Dit het gelei tot die tweede probleem, nl., dat die Europeërs nie die tale aangeleer het nie.  Van die begin af het die Nederlanders aan die Kaap van tolke gebruik gemaak.  Die teenoorgestelde het met die Khoi-khoin gebeur: gedurende die 18de eeu het meer Khoi-khoin Nederlands aangeleer (Mesthrie 2002: 32).  Ons noem een voorbeeld.  Toe George Schmidt, die Morawiese sendeling, sy werk by Baviaanskloof (Genadendal) in 1737 begin het, het hy slegs Khoinsprekers aangetref.  Hy het probeer om die taal aan te leer, maar kon dit nie bemeester nie.  Hy het dus voorgestel dat hulle Nederlands aanleer.  Drie jaar later het hy die Nuwe Testament in Nederlands aan diegene geskenk wat Nederlands leer lees het.

‘n Verder faktor wat tot die benadeling van die Khointaal gelei het, was die verskillende variante van Nederlands wat die slawe wat na aan die Khoi-khoin gewoon het,  gepraat het (Mesthrie 2002: 33).  Dit sou verder bydra tot die versterking van Khoin-Nederlands en die agteruitgang van die Khointale.  Voorts sou Nederlands later help aanleiding gee tot Afrikaans.

2.7.    Samevatting

Die VOC en ander Europese reisigers na die Kaap het met ‘n aantal Khoinstamme in die Wes-Kaap in aanraking gekom.  Hierdie mense het ‘n eie taal en kultuur gehad.  Dit was dus verkeerd van die Europeërs om hierdie mense as barbare te bestempel.  Verder let mens ook op dat die Nederlanders en andere nooit die taal van die Khoi-khoin aangeleer het.  Dit was die Khoi-khoin wat hul taal en gebruike moes aanleer.  Die Khoi-khoin het nou tweetalig geword.  











HOOFSTUK 3

Die Khoi-khoin-en-Santale tydens die twee Britse Besettings en die Bataafse Republiek

3.1.    Inleiding

In 1795 het die VOC se bewind aan die Kaap na ‘n tydperk van 143 jaar tot ‘n einde gekom.  Die Britte het nou die Kaap in beset kom neem vanaf 1795 tot 1803.  Hulle het tot hierdie stap oorgegaan om te verhoed dat die Franse die Kaap sou kom annekseer, want Brittanje en Frankryk was in ‘n oorlog gewikkel in Europa en elders.  In 1803 het die Kaap onder die administrasie van die Bataafse Republiek (Nederlande) gekom.  J.W. Janssens en J.A. De Mist was onderskeidelik die goewerneur en die komissaris-generaal van hierdie republiek.  Die Britte het teruggekom in 1806, want daar was weer oorlog tussen Brittanje en Frankryk en daar was weereens ‘n vrees dat die Kaap deur ‘n vreemde moontlikheid geannekseer kon word.  Op 8 Januarie 1806 het Sir David Baird met ‘n leër van 4 500 man voet aan  die Kaap anker gegooi en teen die Nederlanders geveg.  Generaal Janssens moes uiteindelik na 10 dae oorgee.  Die Britte sou hierdie keer to 1910 die Kaap beset.   Gedurende hierdie tydperk het die Europese besetting ongeveer tot 80 km vanaf die Kaap gestrek (Giliomee 1992: 421).

Hierdie hoofstuk sal eers gebeure rondom die Kaapse Khoi-khoin in hierdie verskillende tydperke (Britse besetting, die Bataafse Republiek en 1806 tot 1910) betraag.
3.2.    Die Kaapse Khoi-khoin tydens die Eerste Britse Besetting (1795-1803)

Wat was die getalle van die Kaapse Khoi-khoin op hierdie stadium?  Volgens die 1798 sensus was daar ‘n total van 14 447 Khoi-khoin, 21 746 Blankes en 27 754 slawe in die Kaapkolonie (Giliomee 1975:  15).  Dit bewys dat die Khoi-khoin wat die inboorlinge van die Kaap was al klaar in die minderheid was.    Die Khoi-khoin in die oë van die Britte: soos die VOC het die Britte ook die Khoi-khoin as vrymense bestempel.  Hierdie siening was alreeds deur Craig, die eerste Britse administrateur (September 1795-Mei 1797) bevestig (Giliomee 1975:  259).  Dit was beaam deur sy opvolgers Macartney (Mei 1797-November 1798) en Sir George Yonge (1798-1803).  Craig het ook daarop aangedring dat die Khoi-khoin beter deur die koloniale howe beskerm moes word.  Verder het hy ook 300 tot 400 Khoinmans as soldate in diens geneem.  Die koloniste was egter nie tevrede hiermee nie.  Die Khoi-khoin het op hul beurt het die Britse owerheid as hul beskermheer teenoor die koloniste gesien (Giliomee 1975: 26).

Die maatskaplike situasie van die Kaapse Khoi-khoin het egter mettertyd versleg.  In 1801 het Vise-Admiraal Roger Curtis soos volg hieroor geskryf:
“The Hottentots already reduced by the Peasants to slavery, by the right which the strong will usurp over the weak … have often time shewed and recently given convincing proofs, that they are by no means indifferent as to their situation, that they aim at revenge, whenever opportunity may favour  their design” (Theal 1899:  89).


Curtis het dus sy “Plans  for Amending the Interior Policy in the Colony of the Cape of Good Hope” op 31 Oktober 1801 ter tafel gestel.  Die doel van hierdie dokument was om alle Khoi-khoin te registreer “to preserve good order in the colony”.  Hierdie reglemente was dus nie net vir die Wes-Kaap nie, maar vir die hele Kaapkolonie bedoel.  Dit het o.a. bepaal dat die Khoi-khoin nie die Kolonie kon verlaat nie en dit het hulle ook in verskillende groepe verdeel.  Daar was die groep wat vir boere gewerk het, gevolg deur die groep wat in gelinsieerde krale of hutte gewoon het en derdens was daar die Khoi-khoin wat aan sendingstasies verbonde was.  Die eerste groep moes deur landdroste gesertifiseer word en die tweede groep was by hul krale of hutte gesertifiseer.  Die derde groep was by sendingstasies gesertifiseer.  Hierdie maatreëls is bewys daarvan dat die Khoi-khoin nie meer seggenskap oor hul vryheid gehad het nie.  Die “Plan” het ook gestipuleer dat die sendingstasies nie oorbevolk kon wees nie.  Die Khoi-khoin wat nie deel van enige van die drie groepe was nie, moes die Kaapkolonie verlaat.  Alle rondlopers was onmiddellik gearrestreer en Robben Eiland toe gestuur waar hulle verpligte diens moes gaan lewer (Theal 1899:  91).

3.3.    Die Kaapse Khoi-khoin tydens die Bataafse Republiek (1803-1806)

Tydens sy aanstellingsplegtigheid op 1 Maart 1803 het Goewerneur Janssens ook sy standpunt ten op sigte van die Khoi-khoin uitgespel (Van Der Merwe 1926:  65).   Hy verklaar dat die Khoi-khoin onder geen omstandighede fisies mishandel mag word nie.  Hul eiendom kon ook nie beskadig word nie.  Die nodige middele moes ook aangewend word om hulle op te hef om nuttige burgers te word.  Ook moes grond vir die bou van krale vir hulle beskikbaar gestel word.  Die regstelsel moes ook hulle regverdig behandel (Van Der Merwe 1926:  241).  Verder het die Bataafse heersers hulle gebruik as soldate, arbeiders en sendingwerk onder hulle was ook sterk aangemoedig.  De Mist het ook dus die werksomstandighede van die Khoi-khoin verbeter.  Hy het ‘n dienskontrakstelsel voorgestel (Van Der Merwe 1926:  248).  

Die Bataafse Republiek regeerders, Goewerneur Janssens en De Mist, het ook sendingwerk (soos reeds gesê) onder die Khoi-khoin aangemoedig.  De Mist het finansieel die werk van die Hernhutters onder die leiding van George Schmidt van Genadendal aangemoedig.  Hy het dieselfde vir Dr. Johannes Van Der Kemp en Eerwaarde James Read van Bethelsdorp gedoen (Van Der Merwe 1926: 252-269).  Die meeste van bogenoemde maatreëls was van toepassing vir veral ten opsigte van die Khoi-khoin buite die Kolonie.  Kontak met hulle was toegelaat slegs waar hulle tussen sendelinge gewoon het.

3.4.    Die Kaapse Khoi-khoin tydens die bewind van die verskillende Britse
goewerneurs (1806-1910)      

Toe Generaal David Baird die Kaap in Januarie 1806 kom beset het, het die bevolking van hierdie kolonie op 75 000 gestaan.  Daar was ongeveer 26 359 koloniste, 20 426 Khoi-khoin en 29 501 slawe.  Soos met die 1797 sensus was die slawe nog steeds in die meerderheid.  Baird was administrateur tot 17 Januarie 1807 toe Lord Caledon hom opgevolg het.  Caledon sou dien as goewerneur tot 1811 (Giliomee 1966).    

Die toestand van die Khoi-khoin in 1807 in die Kaapkolonie:  daar was verskillende groepe Khoi-khoin teen daardie tyd.  Die eerste groep het op plase gewerk of was rondlopers.  Hulle was die grootste groep.  Hulle het geen vee besit en het meestal as boodskappers vir die koloniste gewerk.  Die tweede groep was veebesitters en het in krale gewoon.  ‘n Verdere groep het op sendingstasies gewoon en laastens was daar diegene wat as soldate vir die staat gewerk het (Giliomee 1966:  272).  Hierdie verskillende groepe het bestaan uit: die Goringhaiqua, Cochoqua, Chainouqua en die Hessequa.  Teen hierdie tyd was hul getalle al aansienlik gesny deur verskillende pokke epidemies van die vorige eeu.  Gevolglik was hul stamstrukture ook in flarde.  Verder was daar ook al teen 1807 ‘n aantal reservate waar die Khoi-khoin gestasioneer was.  Elke reservaat het onder die leiding van ‘n Khoikaptein gestaan wat deur die staat aangestel was.  Twee sulke voorbeelde was die Caledon Instituut te Suurbrak en Klaas Stuurman langs die Gamtoosrivier.

T.o.v. die Khoi-khoin het Caledon die volgende gedoen.  Op 1 November 1809 het hy sy sogenaamde “Magna Charta” uitgevaardig.  Die 1801 “Plan” het natuurlik as grondslag gedien (Cape Government Notices 1809).   Die 1809 proklamasie het spesifiek die rondlopery van die Khoi-khoin aangespreek.  Dit het uit sestien artikels bestaan.  Artikel 1 het verklaar dat elke Khoi ‘n permanente woonplek moes hê.  Artikels 2-15 gaan meestal oor die dienskontrak tussen die Khoiwerker en ‘n werkgewer.  Die implikasies van die Magna Charta was die volgende:  dit het o.a. meegebring dat elke Khoi ‘n vaste werk moes hê en hieruit spruit dat hy ‘n permanente woonplek het wat rondlopery gestuit het.  Die uitsondering was Khoi-khoin wat op sendingstasies gewerk het.  Verder was die Khoi-khoin na 1 November 1809 onder die jurisdiksie van die koloniale howe geplaas.  Voorheen kon sulke howe nie hulle verhoor nie.  Hierdie gebeurtenis het nou verder die doodsklok vir Khoi-stamjurisdiksie beteken.  Verder was die Khoi-khoin deur die Magna Charta vir die eerste keer as burgers van die Kaapkolonie erken.

Die Magna Charta het egter een ernstige tekortkoming gehad.  Die uitvoering van die verskillende aanbevelings van hierdie proklamasie was aan boere, veldkornette en magistrate oorgelaat.  Talle van hierdie persone het diepgewortelde vooroordele teenoor die Khoi-khoin gekoester.  Om hierdie situasie te verbeter het Caledon in 1811 die regters van die Rondgaande Hof opdrag gegee om hierdie proklamasie se uitvoering te beheer.

Luitenant-Generaal Sir John F. Cradock het Caledon opgevolg as goeweneur van die Kaapkolonie en hy sou dien tot April 1814.  Hierdie eertydse militêre bevelvoerder het heelwat tyd aan die Khoivraagstuk gewy (Arnott (Undated):  85-86).   In 1812 op aanbeveling van die Streekskommissies, het Cradock Caledon se 1809 proklamasie opgevolg met ‘n aanvullende proklamasie op 23 April 1812  (Arnot: 85-86 & Report of Commission of Circuit, 28 February 1912).  Hierdie wet het o.a. kennis geneem dat weduwees swaar werk gekry het, want boere het hul kinders as laste beskou.  Daar was dus voorgestel dat kinders as vakleerlinge by boere ingeskryf word van ouderdom 16 tot 18 (Arnot: 85).  Indien die boer sou weier om ‘n kind in te skryf dan moes ‘n landdros daardie kind laat inskryf.  Die wet het ook bepaal dat ‘n landdros jaarliks verslag moes doen oor die Khoin-families in sy jurisdiksie.

Lord Charles Somerset het Cradock as goewerneur opgevolg en tot Maart 1826 gedien (Millar).  Somerset het groot opskudding veroorsaak toe hy op 16 Oktober 1815 Khoin-soldate gestuur het om Frederick Bezuidenhoudt te gaan arresteer.  Alhoewel dit buite die huidige Wes-Kaap was, is dit noemenswaardig om hierdie gebeurtenis te meld.  Bezuidenhoudt het versuim om in die landdroshof op Graaff-Reinet te verskyn.  Hy het talle vorige aanmanings geïgnoreer.  Toe hy sy arrestasie teenstaan, het ‘n skietery ontstaan.  In die proses het een Khoi-soldaat gesneuwel.  Uiteindelik het 60 gewapende mans in opstand teen die Britse owerheid gekom.  Hulle is agterna gesit en uiteindelik by Slagtersnek gevang.  Sommige het oorgegee en andere het gevlug.  Dié wat gevang was, is in die Uitenhaagse landdroshof verhoor.  Uit die 47 beskuldiges is 39 skuldig bevind en gestraf.  Ses het die doodstraf gekry.  Vyf van die ses was op 9 Maart 1815 tereggestel en een het uiteindelik amnestie ontvang.  Die res moes hul makkers se teregstelling bywoon.  Andere was verban uit die Kaapkolonie, steeds andere was tronk toe gestuur en die res was beboet.  Hierdie gebeure sou vir jare nog ‘n nasleep op Suid-Afrikaanse geskiedenis hê.  Dit sou later ook as een van die redes vir die Groot Trek aangevoer word.  In die 1840s toe Kommisaris Cloete die Natal Voortekkers vra om hulle te versoen met die Britse owerheid het hulle geweier en Slagtersnek as een rede aangevoer (Van Der Walt, Wiid & Geyer 1951:  234).

Sir Rufane Donkin het tydelik as goewerneur gedien, terwyl Somerset op besoek in Brittanje was tydens Januarie 1820 tot November 1821) (Dictionary of South African Biography).  Donkin het geen proklamasie of wat ook al t.o.v. die Khoi-khoin uitgevaardig nie.  Die korte duur van sy ampstermyn was natuurlik die rede hiervoor.  Dit was ook in sy tyd dat die Britse Setlaars in Suid-Afrika aangekom het en hy het sy hande vol gehad met hierdie gebeure.        

Sir Richard Bourke, die volgende goewerneur (1826-1828), het sy bekende Ordonnansie 50 uitgevaardig.  Die konstitusionele naam van hierdie dokument is: “The Ordinance for improving the Condition of Hottentots and free Persons of colour at the Cape of Good Hope and consolidating and amending the Laws effecting those Persons”.  Hierdie proklamasie het weer kom bevestig dat die Khoi-khoin en die ander vry Bruinmense gelykwaardig aan die ander burgers van die Kaapkolonie was.  Ordonnansie 50 het ook alle vorige Khoin-regulasies kom herroep.  Hierdie wet was dus ‘n belangrike mylpaal in die konstitusionele ontwikkeling van die Kaapse Khoin-khoin.  Vir die eerste keer was die Khoi-khoin se konstitusionele posisie uitgeklaar, dus kon hulle nie gedwing word om handearbeid te verrig nie en kon hulle ook beweeg soos hulle wou.  Artikel III van Ordonnansie 50 het ook aangedui dat die Khoi-khoin en ander vry Bruinmense wettig grond kon besit.  Artikels IV-XI spel ook die regulasies t.o.v. die dienskontrakte tussen Khoi-khoinwerkers en hul werkgewers uit.  J.C. Visagie verklaar dat hierdie wet bepalend was vir die maatskaplike en ekonomiese hervorming van arbeidswetgewing in die Kaapkolonie (Visagie 1978: 27), want vir die eerste keer kon die Khoi-khoin nou grond besit.   ‘n Verdere belangrike implikasie van Ordonnansie 50 was die stigting van die Katriviernedersetting langs die oosgrens.  Dit was ‘n poging om Khoi-khoin en vry Bruinmense op hul eie grond te vestig (Cape of Good Hope Proclamations, July 1972).
     
Gedurende Sir Lowry Cole se bewind (1828-1833) (Hunt 1874) het die Britse regering die “Commission of Inquiry Upon the Hottentot Population of the Cape" aangestel.  Hierdie 60 bladsy verslag was voltooi op I Julie 1830.  Dit het ‘n breë oorsig van die verskillende wette t.o.v. die Khoi-khoin gegee.  Daarna volg ‘n lang bespreking oor die implikasies van hierdie wette vir die Khoi-khoin se lewe.  Een tekortkoming van die verslag is die feit dat dit geen aanbevelings gemaak het nie.  

Sir Benjamin D’Urban (1833-1837) het baie gou besef dat wetgewing om die Khoin rondlopery hok te slaan was gebiedend noodsaaklik.  Hy het dus die nodige wetgewing ter tafel gelê in die Kaapse Wetgewende Raad, maar deur die agitasie van Dr. John Philip, die sendeling, en die koerant die Commercial Advertiser het daar niks van hierdie wetgewing gekom nie.  Nog ‘n hindernis vir D’Urban was die reglement in Ordonnansie 50 wat verklaar het dat enige wetgewing teenstrydig met die ordonnansie slegs deur die Britse regering verander kon word.  Die Kaapse wetgewer het dus D’Urban se maatreëls verwerp (Van Der Walt & e.a.; Bradlow 1985).

Sir George Napier, die volgende goewerneur (1837-1844) en sy opvolger Sir Peregrine Maitland (1844-1847) was baie betrokke by die Groot Trek en ander gebeure langs die oosgrens en kon dus nie veel aandag aan Khoin-vraagstukke skenk nie (Van Der Walt, e.a.:  404-412).  Daar was bv. die verskillende grensoorloë, ens.

Gedurende die periode 1840 tot 1900 was daar nie juis merkwaardige wetgewing t.o.v. die Khoi-khoin nie.  Daar was egter talle ander Khoi-khoin gebeure, veral langs die oosgrens.  Die Katrivierrebellie was een van daardie gebeure.  Dit is egter buite ons bestek, want dit was nie in die Wes-Kaap nie.  In die periode 1855-1856 het Khoin-aangeleenthede weer na vore gekom.  In daardie jaar het ‘n parlementêre kommissie die moontlikheid ondersoek om die sendingstasies aan Bruinmense terug te besorg (Cape of Good Hope.  Minutes 1856).   Verhore was te Genadendal en Bethelsdorp gehou.  Deur hierdie ondersoeke het die kommissie ‘n goeie insae gekry van die Khoi-khoin situasie.  

In 1876 het Khoin-gebeure weer na vore gekom.  Hierdie keer was dit Kaptein Klaas Kees en sy 55 volgelinge en hul kinders by Hottentotskraal te Swellendam wat met die owerheid gebots het.  Dit het oor die eienaarskap van die gebied gegaan.  Op 15 Junie 1876 moes Kaptein Kees en sy mense hoor dat hulle nie hul grond kon kry nie vanweë onvoldoende bewyse (Correspondence on the Hottentot Kraal Location, 1876).  Talle vrae kan natuurlik gevra word.  Byvoorbeeld, hoe moes die Khoi-khoin hul eienaarskap van die grond bewys sonder wettige dokumente?  Het die hof vergeet dat hierdie mense in daardie stadium nie sulke dokumente kon toon nie, want hul begrip van grondeienaarskap was nie geskoei op dokumente, maar liewer tradisie.  Die Khoi-khoin was nie mense van die geskrewe woord nie, maar liewer van  mondelinge oorlewering.  Die alternatief wat die hof vir Kaptein Kees en sy mense voorgehou het, was dat hulle na Suurbrak moes verhuis.  Hulle het uiteindelik ses maande gekry om te verhuis.  

Mens hoor weer van Khoin-gebeure in 1898.  Dit sou ‘n waterskeidingsmerk vir Khoi-khoin gebeure wees.  In daardie jaar is die Khoi-khoin as “Natives” verklaar.  Voorts sou hul lotgevalle saam met dié van die Swartmense val.  Hierdie gebeurtenis het talle implikasies vir die Khoi-khoin ingehou.  Eerstens, hulle het nou as ‘n aparte ras verdwyn.  Tweedens, hulle sou voorts soos die Swartmense verder grondloos word.  Derdens, die Khoi-khoin sou soos die ander nie-wit rasse geakkommodeer word:  verdruk en derderangse burgers in hul eie land wees.   Laastens, die Unie van Suid-Afrika in artikel 147 het net die “Natives” terloops genoem.     

3.3.    Die San in hierdie tye

Toe die Kaap onder die bewind an die Bataafse Republiek (1803-6) gekom het, was die stryd teen die San reeds in ‘n groot mate gewen.  Hulle was al feitlik uit die Wes-Kaap verdryf, maar elders was daar sporadiese botsings met hulle (Scholtz 1967: 397).  Goewerneur Janssens het aan die grens in die distrik Graaff-Reinet in aanraking met San gekom.  In ‘n brief van 15 September 1803 aan die Bataafse bewindhebbers in die Nederlande het hy na die San verwys as ‘wilden die nog het verst van alle besschaving en dus het naast aan die natuurstaat zijn’.  Hy het voort gegaan en verwys na die gedurige skermutselings tussen die San en die koloniste.

Om die San-situasie verder aan te spreek, het Janssens in 1804 saam met H. van de Graaff, die landdros van die nuwe distrik Tulbagh, ‘n reis na die noordelike grens onderneem om allerlei geskenke aan die San te bring.  Die doel met hierdie geskenke was om die San te oorreed dat hulle moes ophou om te roof en te steel.  Hierdie optrede van die Kaapse bewindhebbers het egter nie veel vrugte afgewerp nie, want op 31 Oktober 1805 skryf Janssens weer aan die Bataafse bewindhebbers en sê dat die San nog steeds ‘blijven gestadig rooven’ (Scholtz 1967: 398).

Soos reeds opgemerk, was die San in ‘n hoë mate uit die Wes-Kaap verdryf en mens hoor nie van enige wetlike maatreëls t.o.v. vir die periode 1806-1910 nie.  Die idee was blykbaar dat die Khoin-maatreëls ook vir hulle gegeld het.  
 
3.4.    Die Khoi-khoin- en Santale elders in die Wes-Kaap  en elders tydens bogenoemde besettings

Hoe het dit met die Khointaal verder noord van die suidwes Kaap gegaan?  (Mesthrie 2002: 33-36).  Die sosiale en ekonomiese faktore wat die suidwestelike Khoin dialekte beïnvloed het, het ook na Nama, Kora (!Ora) en Gri (Xri) en ander Khointale van Suid-Afrika versprei.  Nama was gepraat in Klein Namakwaland wat noord van die Kaapkolonie se noordwestelike grens was.  Vanweë sy isolasie het die Khoitaal, Namagowab, vir ‘n tyd lank hier goed gedoen, want die sendelinge het graag die taal aangeleer.  Hul werk hier en in Groot Namakwaland (oorkant die !Garieb (Oranjerivier) (tans Namibië)) sou lei tot die eerste taalboek, ‘n woordeboek, ‘n vertaling van die Bybel, ‘n kategisme en ‘n gesangboek (Mesthrie 2002: 33).  

Soos elders egter het die Khointaal ook weldra padgegee vir Khoin-Nederlands.  Hierdie oorgang was egter meer geleidelik elders as in die suidweste.  In gebiede  buite die suidwes was daar nog gebiede waar die taal gepraat was.  In die gebied rondom Kharkhams (veral die ouer mense) en veral die Richtersveld is die oorgrote meerderheid van die bewoners nog steeds die Khointaal, Namagowab, magtig.

In die ooste, langs die !Garieb (Oranjerivier) en Vaalriviere, het die Kora en Gri dialekte byna uitgesterf (Mesthrie 2002: 34).  Slegs ‘n handjievol ou mense rondom Douglas, Prieska, Campbell en Griekwastad het nog  in die laat 1980s ‘n paar woorde en begrippe geken.  Weereens was daar ‘n taalverskuiwing vanaf die Khointaal na Khoin-Nederlands en uiteindelik na Afrikaans.  In die geval van Gri was hierdie gebeurtenis al rondom 1801 al ver gevorderd.  In die geval van Kora was dit egter meer geleidelik (Meshtrie 2002: 35).  Dit was vanweë die feit dat die Korana identiteit nog onbeskonde was.

Op die noordelike grens was daar talle gebeure rondom die Griekwas se taal (Mesthrie 2002: 35-36).  Ons noem ‘n paar.  In 1813 is die naam ‘Baster’ vervang met ‘Griekwa’ op aandrang van die sendeling Campbell. Hierdie gebeurtenis het breë implikasies vir taalkwessies gehad.  Van ‘n sosiolinguistieke perspektief, beweer Traill, was dit van groot belang, want die woord Griekwa het ‘n sterker Khoin-linguistieke affiliasie as Baster.  Dit is egter moeilik, volgens Traill, om te sê wat die dominante taal onder die Griekwas in daardie stadium was.  In sy oorsprong was hierdie groep wat taal betref, nie homogeen nie, want sommige sprekers het Khoin-Nederlands en ander Khointale gepraat (Mesthrie 2002: 35).  Dit is bewys deur die groep Basters wat noord van die !Garieb verhuis het.  Hul eerste taal was Nama.  Later het hulle ook Khoin-Nederlands aangeleer.  Laasgenoemde sou geleidelik die Khointaal vervang.  Spoedig sou die Griekwa- en Korannagemeenskappe aan die noordelike grens in die stort.  Hierdie gebeurtenis sou rampspoedige gevolge vir die taal hê.   Dit het uiteindelik tot die einde van hul variante van die Khointaal gelei.

Die !Kwi tale van die San het in vier groepe verdeel, nl., /Xam (Kham), Seroa en !Ga!ne (Mesthrie 2002: 36-40).   /Xam was veral in die ou Kaapprovinsie en dus ook die Wes-Kaap gepraat.  Daar word ook gereken dat die eerste San met wie die Europeërs kennis gemaak het, sprekers van die /Xam taal was.  Binne hierdie taalfamilie was daar ook verskillende variante.  Daar was die groep suid van die !Garieb (Oranjerivier), van Colesburg tot by Burgersdorp in die noordooste tot by die Katkop heuwels noord van Calvinia in die noordweste en die Agterveld in die Fraserburg distrik.  In die suidweste het die gebied gestrek tot by Oudtshoorn en Graaff-Reinet (Mesthrie 2002: 36).  Nog ‘n groep wat //Ng!ke gepraat het, het in die omgewing van die huidige Olifantshoek noord van Upington gewoon (Mesthrie 2002: 37).  ‘n Verdere groep was in die Kalahari Gemsbokpark.  Hulle was die /Auni (/’Auni) en die Xatia (Kattia of Keikusi.  Hier was ook Khomani- en Ku /khaasisprekers.  Verder oos was die sprekers van Kunkwe van die Warrenton area en die wat // Ku//le magtig was wat naby Theunissen in die Oranje Vrystaat gewoon het.

Die groep naby Bethanië in die Oranje Vrystaat het heel waarskynlik Seroa gepraat.  ‘n Derde groep het !Gã!ne gepraat en was naby Tsolo in Transkei.  Die meeste San van hierdie oostelike groep het //Xegwi gepraat en het in die omgewing van Chrissiemeer in Oos Transvaal (tans Mpumalanga) gewoon.

Die taalgebeure van die San was min of meer dieselfde as die Khoi-khoin s’n.  Tweetaligheid het ingetree soos hulle in kontak met Nederlands gekom het en later het die verdwyning van hierdie Santale plaasgevind.  Bogenoemde tale is feitlik almal vandag uitgesterf.

Teen 1740 was die /Xam San se taalsituasie heeltemal anders as in 1652 toe Van Riebeeck hier aangekom het vanweë ‘n reeks vernietigende faktore (Mesthrie 2002: 37).  Teen 1910 het die meeste /Xamsprekers ook Nederlands gepraat.  Hulle sou ook later in die Bruingemeenskappe opgeneem word.

Dieselfde lot het die San wat naby Bethanië wat Seroa gepraat het, getref.  Die sendelinge wat daar kom werk het, kon nie die taal praat nie en het ook geweier om dit aan te leer en het liewer toegesien dat die San Nederlands aanleer.  Dieselfde lot het die Philippolis San getref.  Druk op hulle het van die Griekwas gekom.  Laasgenoemde het hulle as arbeiders aangeneem of heeltemal verdryf.  Dieselfde het met die San wat in die ou Basoetoeland (tans Lesotho) gewoon het, gebeur.  Hulle was of gevange geneem deur ander groepe of was deur werkgewers geforseer om hul [werkgewers] se taal te praat.  Teen 1880 was die Santaal, Seroa, feitlik verlore (Mesthrie 2002: 40).   Dieselfde lot het ook die Seroa sprekers van Natal getref.  Dieselfde ramp het ook min of meer die !Ga!ne sprekers wat naby Tsolo in Transkei gewoon het, getref.  Hulle het Xhosa aangeleer en het dus tweetalig geword.  Later het hulle nie meer hul taal gepraat nie.  In die 1950s was daar ongeveer net 36 sprekers van die Santaal //Xegwi oor.  Hulle kon toe almal al Swazi-Zoeloe en Afrikaans praat.  So het dit ook met die /Auni en ander groepe en die Khomani van die Gemsbokpark gegaan: daar was eers tweetaligheid, gevolg deur ‘n verskraling van die taal en dan uiteindelik ‘n verskuiwing.  In die geval van die Khomani was dit ‘n verskuiwing of na Nama of Afrikaans.

Terwyl talle studies t.o.v. Khoinstamme elders in Suid-Afrika gedoen is, was niks in die Wes-Kaap gedoen nie.  Streng gesproke val hierdie studies buite ons fokus vir hierdie hoofstuk: 1795 tot 1910.  Hier volge enkele voorbeelde..  In 1920 het Carl Friedrich Wuras, ‘n Duitse sendeling in Suid-Afrika, sy Vokabular der Koranna – Sprache gepubliseer.  Hierdie boek was die eerste woordeboek oor die Korannataal.  In 1926 het sy Koranna Katechismus gevolg.  Hierdie boek was ook in Duits.  In 1928 het  J.A. Engelbrecht sy Studies oor die Korannataal uitgegee.  Dit is ‘n grammatika oor hierdie taal.  In 1937 het hy sy Die Wording- en Verwordingsgeskiedenis van die Koranna uitgegee.  Hierdie werk is ‘n geskiedenis van die Koranna.  Ander skrywers oor die Koranna was o.a. Carl Meinhof en L.F. Maingard.  Eersgenoemde het in 1930 sy Koranadialekt des Hottetottischen uitgegee.  

3.5.    Samevatting

Talle feite kan ten slotte gesê word.  Eerstens, dis in hierdie tydperk (1795-1910) dat die Khoi-khoin se konstitutionele situasie radikaal verander het.  Tot en met 1809 was hulle as nie-burgers deur die Nederlanders of die Britte beskou.  In daardie jaar het hulle gelyke status met die ander burgers van die Kaapkolonie ontvang.  Tweedens, na 1828 was daar nie juis veel wetweging t.o.v. die Khoi-khoin nie.  Een rede mag die feit wees dat die Swartstamme aan die oosgrens meer aandag begin  geniet het.  Teen hierdie tyd was die Khoinstamme al so verbrokkel dat hulle geen gevaar meer vir die koloniste ingehou het nie (Le Roux 1945, Elphick 1972 , Bredekamp 1983 en Brink 2000)..  Aan die oosgrens sou die Britte deur ten minste agt oorloë gaan.  Derdens, na die 1840s sou die Khoi-khoin nie meer ‘n vraagstuk wees nie.  Ons het al verwys na hierdie feit.  Teen hierdie tyd was hul getalle natuurlik al hoër.  In 1824 was hulle 31 000, in 1865 was hulle 81 599 en in 1875 was hulle 98 561.  











HOOFSTUK 4

Die Khoi-khoin- en  Santale tydens die 20 en 21ste eeu

4.1.    Inleiding

Hierdie hoofstuk is die laaste deel waar gebeure rondom die Khoi-khoin en San sal bespreek word. Die volgende twee hoofstukke (5-6) sal ander taalaangeleenthede uitlig.  In hoofstuk 3 het ons gesien dat Khoi-khoin en San aangeleenthede in die laat neëntiende eeu meer na die periferie verskuif het en dat swartaangeleenthede die fokuspunt begin raak het.  Hierdie hoofstuk verdeel in drie dele:  eerstens sal die gebeure rondom Bruin en Swartmense tydens die periode 1910 tot 1996 onder die loep kom.  Daarna sal die periode na 1996 bekyk word.  Laastens, sal die Khoi-khoin-en Santale bespreek word.  Die gevoel is dat indien mens die stand van die Khoi-khoin-en Santale in die 20 en 21ste eeue wil verstaan, moet mens eers verstaan wat vooraf met die Khoi-khoin en San gebeur het.

4.2.     Die periode 1910 tot 1996:     Gebeure rondom Bruin en Swartmense  

Soos reeds in hoofstuk 3 uitgelig, was die Khoi-khoin en die San in 1898 as swart- stamme verklaar.  Sekere dele van die Khoi-khoin en die San het egter nog steeds as Bruinmense deur gegaan.  Laat ons nou dus die gebeure rondom Bruin en Swartmense in hierdie tyd in oënskou neem.

Wet 15 van 1911 getiteld “To regulate the Recruiting and Employment of Native Labour and to provide for compensastion to Native Labourers in certain cases”  het die  “Native” bestempel as “shall include any member of the aboriginal races or tribes of Africa” (Statutes of the Union of South Africa, 1910-11, 530).  Hierdie stamme was egter nie uitgespel nie.  Was die Khoi-khoin en die San deel van hierdie groepe?  Mens moet so aanneem, want geen wet was geformuleer om die 1898 wet ongedaan te maak nie.  Nog ‘n wet wat met Khoi-khoin en San aangeleenthede te doen gehad het, was Wet 22 van 1911 “To provide for the Protection of Bushman-relics”.  Dit het o.a. gesê dat “No person shall remove, cause, or allow to be removed, from the Union any Bushman-relic without first having obtained from the Minister a written permit so to do” (Statutes, 1910-1911: 658).  Was hierdie wet net beperk tot die San (Boesman) tekeninge of het dit Khointekeninge ook ingesluit?  Mens moet aanvaar dat dit betrekking op beide groepe gehad het.  Dit is te betwyfel dat die skrywers van hierdie wet die groepe onderskei het.

Wat was die implikasies van Wet 27 van 1913, The Native Land Act, (“Die Bantoe Grond Wet”)?  Dit het duidelik gesê:  “a native shall not enter into any agreement or transaction for the purchase, hire, or other acquisition from a person other than a native, of any such land or any right thereto, interest therein, or servitude thereover” (Statutes of the Union of South Africa, 1913, 438).  Weereens het die wet nie duidelik uitgespel wie ‘n “native” was nie.  Of het hierdie wet nog steeds met Wet 28 van 1898 as agtergrond gewerk?  Hierdie wet verklaar dat ‘n “Native” was enige “Kafir, Basuto, Damara, Hottentot, Bushman, or Koranna”.  Wet 1 van 1916 “To amend the definition of the word ‘Native’ in section five of Act 28 of 1898 of the Province of cape of Good Hope” het nou die begrip “Native” verder kom uitbrei.  Dit het nou meer groepe ingesluit.  Hulle was die “Griqua, Zulu, Bechuana, Swazi, or any member of any aboriginal tribe or race of Africans” (Statutes of the Union of South Africa, 1916, 2).  Origens is dit interessant om op te let dat Wet 34 van 1921, “Die Bethelsdorp Nedersettingswet” (Bethelsdorp Settlement Act) het nie eers die Khoikhoin en San genoem nie.  Besit van die nedersetting is oorgedra van die Londen Sendinggenootskap na die Kongregaalse Kerk (Statutes of the Union of South Africa 1921).  

Wat het Wet 30 van 1950, “Die Bevolkingsregistrasiewet” (Statutes of the Union of South Africa 1950) t.o.v. Bruin en Swartmense gesê?  Die Bantoe of “Native” was bestempel as ‘n persoon wat aanvaar was as ‘n lid van enige inheemse (aboriginal) ras of stam in Afrika.  Daar is egter niks spesifiek oor die Khoi-khoin en San gesê nie. Mens kan verder gaan en sê dat die verskillende regerings van die Unie van Suid-Afrika baie tyd aan die debatering van aangeleenthede rondom Bruinmense, Indiërs, Jode en Swartes (cf. Brink 1997 se hoofstukke “The Colour Issue” en “Apartheid”) bestee het, maar nooit het dit enige iets noemenswaardig oor die Khoi-khoin en die San gesê nie.  Een rede hiervoor kan dalk die feit wees dat hierdie groepe nooit ‘n bedreiging vir hierdie regerings ingehou het nie.

Laat ons gou net na die Khoi-khoin gebeure vir die jare 1911 tot 1949 kyk.  Volgens die 1911 sensus was daar 38 074 Khoi-khoin.  Hierdie sensus het hulle nog as ‘n apart ras gesien (Census of the Union of South Africa 1911.  Part I).  Hul status sou in toekomstige sensusverslae verander.  Volgens die 1921 sensus was die Khoi-khoin, die Griekwas, die Korannas, die Namas en San almal onder die hoof “Mixed and Coloured Persons” getipeer (Census 1921).  Dit is interessant dat die Khoi-khoin nie as die oorkoepelende groep nie, maar as ‘n groep langs die Namas, Griekwas, e.a.  gesien is.  Die 1936 sensus dui geen verwysing na die Khoi-khoin en hierdie ander groepe aan nie.  Kleurlinge was bestempel as afstammelinge van persone wat ondertrou het met Blankes, Swartes en Asiate (Sixth Census.  1936).  Die 1946 sensus het weereens die Khoi-khoin as ‘n apart ras bestempel (Population Census.  Volume 1).   Ons sien dus dat die status van die Khoi-khoin het van sensus tot sensus verander.

Soos reeds elders aangedui, het die 1950 Bevolkingsregistrasiewet nie die Khoi-khoin en San genoem nie.  Wat was dus die status van die Khoi-khoin en San tydens die periode 1961 tot 1983?  Laat ons eers kyk wat het met Bruinmense in hierdie tyd gebeur.  Swartmense se lot was bepaal deur wette soos o.a. die 1938 Bantoe Trust Wet wat bepaal het dat Swartes slegs in sekere areas kon woon en werk.  Volgens Wet 46 van 1951 was Bruinmense van die algemene verkiesingslyste verwyder en op aparte verkiesingslyste geplaas.  In 1956 het Bruinmense ook hul nasionale stemreg verloor.  In hierdie jaar het die regering ook die Unie Raad vir Kleurlingsake geskep.  Soos die Kleurling Adviserende Raad van 1936 dit ook in ‘n adviserende rol opgetree.  In 1958 het die regering die Departement van Kleurlingsake geskep.  In 1961 het Suid-Afrika ‘n republiek geword en rasse-aangeleenthede sou verder onder die soeklig kom.  In 1962 het hierdie department ‘n ministerie ontvang.  Wet 49 van 1964 het die Kleurling Verteenwoordigende Raad (KVR) geskep.  Op 1 Julie 1969 het die Administrasie van Kleurlingsake, die administratiewe arm van die KVR gevolg.  In 1971 het die regering die munisipale stemreg van die Kleurlinge weggeneem.  In 1983 was die KVR vervang met die Driekamerstelsel.  Daar sou parlementêre akkommodasie vir Blankes, Indiërs en Kleurlinge wees.  Swart mense was natuurlik nie deel van hierdie nuwe bedeling nie.  Die Kleurling Huis van Verteenwoordigers het uit 80 lede bestaan: 60 uit die Kaapprovinsie, Natal 5, Oranje Vrystaat 5 en Transvaal 10.  Blankes sou voortgaan met hul Parlement en Indiërs was in hul Huis van Verteenwoordigers geakkommodeer.  Hierdie situasie het voortbestaan tot 1994 toe Suid-Afrika na ‘n nuwe politieke bedeling oorgegaan het.  Vervolgens sal daar na die stand van die Khoin-Santale gekyk word.

4.3.         Die periode na 1996

4.3.1.        Die huidige regering en die Khoin-Santale

Hierdie navorsingsprojek vind plaas teen ‘n bepaalde wetlike raamwerk wat uit verskillende nasionale en provinsiale wette bestaan.  Hulle is Artikel 6 (5) van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Wet 108 van 1996), Artikel 8 (8)(a) van die Wet op die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (Wet 59 van 1995) (Pansat), Artikel 5 (3) van die Grondwet van die Wes-Kaap (Wet 1 van 1998), en Artikels 13 (1) (e) en 13 (2) (d) van die Wes-Kaapse Talewet (Wet 13 van 1998).  Die Wes-Kaap is dan ook die enigste provinsie wat  sover oor ‘n eie talewet beskik (Nel 2002: 5).

Vervolgens kyk ons spesifiek na:  Pansat, die Khoin en San Nasionale Taalliggaam en die Wes-Kaapse Taalkomitee se aktiwiteite t.o.v. Khoin-en Santale aangeleenthede.  Eerstens bekyk ons Pansat.  In Artikel 5 (a) en (b) bepaal die Suid-Afrikaanse Grondwet dat die volgende t.o.v. die verskillende tale moet doen:

“(a)      promote, and create conditions for, the development  and use of –
(i)          all official languages;
(ii)    the Khoi, Nama and San languages; and
(iii)    sign language; and
 
(b)    promote and ensure respect for –
(i)    all languages commonly used by communities in South Africa, including German, Greek, Gujarati, Hindi,
    Portuguese, Tamil, Telegu and Urdu; and
(ii)    Arabic, Hebrew, Sanskrit and other languages used for religious purposes in South Africa”.

Hierdie aanhaling dui aan dat Pansat begaan is oor al elf amptelike landstale en ook voorsiening maak vir die Khoi-khoin- en Santale.  Ons bekyk kortliks een aktiwiteit van Pansat t.o.v. die Khoi-khoin- en Santale.   
 
Ons verwys na die 5 Mei 2003 se Pretoria-byeenkoms getiteld  “PanSALB and Stakeholders Regarding Issues Relating to the Khoe, Nama and San Languages”.  Verskillende Khoin en San verteenwoordigers en ander staatsamptenare was teenwoordig (cf. List of Participants in die transkripsie van die vergadering).  Profesor M.A. Moleleki, voorsitter van Pansat, het die vergadering geopen.  Die onder-voorsitter, Profesor R. Finlayson, het die doel van die byeenkoms soos volg uiteengesit:  “The purpose of this meeting is to promote an opportunity for relevant stakeholders involved with Khoe and San to voice their concerns and suggestions concerning the road ahead for the development of, and support for, the endangered languages of the Khoe and San peoples”  (PanSALB and Stakeholders 2003: 9).  Sommige sprekers was Mnr. W. Damarah van die Khoi-khoin San Nasionale Taalliggaam (KSNT).  Hy wou graag sien dat die byeenkoms die “Way Forward” vir Khoin-San sake uitspel (p. 14).  Mnr. Joseph Little het o.a. die rol van die Nasionale Khoisan Raad t.o.v. Khoinsake aangedui (pp. 25-33).  Dr. L. Hibbert, voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkmoitee, het gesê:  “ … I’m here today … to learn and hear and .. listen very carefully and to sensitive myself to the issues of the Khoe, Nama and San communities” (p. 71).

Onder die “Way Forward” was daar lang bespreking oor die samestelling van die Khoin en San Nasionale Taalliggaam.  Die vraag was: moet dit nie liewer twee liggame wees nie of moet dit voortgaan en een liggaam bly.  Mnr. Anthony Le Fleur (ook lid van die Wes-Kaapse Taalkomitee) was van mening dat dit twee liggame moet wees, want mens het te doen met twee verskillende twee taal families, die Khoi-khoin en die San (p.107-110).  Mnr. Martin van die Noord-Kaap meen dat dit een liggaam moet bly (p.109-110).  Die voorsitter het die gevoel van die vergadering opgesom deur te sê dat daar voorlopig net een taalraad vir die Khoi-khoin en San moet wees, m.a.w. die status quo sal handhaaf word.  Die voorsitter was korrek toe hy gesê het:  “ … But what is very clear from the discussions here today is that we need a concerted, co-ordinated effort for the development of the Khoe and San languages” (PanSALB and Stakeholders 2003: 118).

Vervolgens bekyk ons die Khoin en San Nasionale Taalliggaam.  Pansat het ook nog verder gegaan en nasionale taalliggame vir al elf landstale kom stig.  Die Khoin en San Nasionale Taalliggaam (KSNT) is in Oktober 1999 in Upington, Noord-Kaap gestig.  Hierdie liggaam se hoofdoel is om die Khoi-khoin en Santale te bevorder.  Tans is Mnr. Willem Damara van Riemvasmaak die voorsitter.  Hieronder volg ‘n lys van sommige aktiwiteite van die KSNT soos uiteengesit in ‘n dokument getiteld REPORT ON WHAT PanSALB HAS DONE FOR THE KHOE & SAN LANGUAGE BODY (KSNLB) FROM 1999 TO DATE.  

Datum                            Aktiwiteit
13 Mei     1999                        Stigting van die KSNT
1 Oktober  1999    KSNT word amptelik in staatsgazette gepubliseer.*
8 Oktober 1999    Loodsing van die KSNT in Upington.+
November 1999    1ste KSNT vergadering te Upington.
8 Augustus 2000    KSNT werkswinkel oor norme en reels te Upington.
6 Maart 2001    KSNT strategiese beplanningswerkwinkel aangebied deur Pansat te Upington.
Maart 2001    KSNT lede woon ‘n werkswinkel by oor leksiogarfie te Universiteit van Stellenbosch met Dr. D. Van Schalkwyk as fasiliteerder.
20-22 April 2001    Mnr. W. Damarah, KSNT voorsitter, vergesel Pansat amptenaar na die Universiteit van Namibië om die vertalingsprojek te gaan besigtig.  Dit is projek van Pansat en die Universiteit van Namibië.
13-14 September 2002    KSNT vergader te Upington

*  Sien Staatskoerant, 1 Oktober 1999.
+  Sien Official Launch Of The Khoe & San Language Body.

Verder sal die Wes-Kaapse Taalkomitee onder die loep kom.  Die Wes-Kaap het sy taalvoornemens t.o.v. die inheemse tale in die “Stigtingsbepalings” (Wes-Kaapse Grondwet 1998: 6) uitgespel.  Dit bepaal dat “Die provinsiale regering moet praktiese en daadwerklike maatreëls tref om die status en gebruik van die inheemse tale van die mense van Wes-Kaap waarvan die status histories ingekort is, te verhoog en te bevorder”.

Hierdie stigtingsbepaling is bekragtig in Wet 13 van 1998, die Wes-Kaapse Provinsiale Talewet.  Die “Aanhef” van hierdie wet verwys na die bydrae wat die inheemse tale in die Wes-Kaap kan maak tot “… die instandhouding en ontwikkeling van die kulturele rykdom van die Wes-Kaap; …”


Hierdie wet het die Wes-Kaapse Taalkomitee op die been gebring (Wes-Kaapse Provinsiale Talewet 1998:  5-13).  Wat is die Taalkomitee se verantwoordelikheid t.o.v. die inheemse tale?  Die wet bepaal o.a. dat:
“ (1)    Die Taalkomitee- …

…  aktief die ontwikkeling van voorheen gemaginaliseerde inheemse tale [moet] bevorder, ‘n beleid hieroor formuleer en aan die Provinsiale Minister voorlê vir oorweging; …”

(2)  Die Taalkomitee is geregtig om-

(d)  studies en navorsing te inisieer wat gerig is op- …
(ii)  die ontwikkeling van voorheen gemarginialiseerde inheemse tale  
       in die die Wes-Kaap;…” (p. 9).


Laastens, die Wes-Kaapse Taalkomitee het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor Pansat.  Die wet bepaal:  “Die Taalkomitee moet die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad … adviseer oor enige taalaangeleentheid … rakende die Wes-Kaap” (p. 11).  Daarbenewens moet dit ook o.a. die gebruik van Afrikaans, Engels en isiXhosa deur die Wes-Kaapse Provinsiale Regering monitor;  dit moet ook veeltaligheid bevorder; ens. (cf. Wes-Kaapse Provinsiale Talewet 1998:  9) vir verdere bevoeghede en werksaamhede).

4.3.2.        Nasionale Khoisan Oorlegplegende Raad van Suid-Afrika

Vanaf 29 Maart tot 1 April 2001 het ongeveer vier- en- dertig Khoi-khoin en San groepe te Oudtshoorn vergader.  Die konferensie se naam was die Nasionale Khoisan Oorlegplegende Konferensie.  Dit was die eerste keer in Suid-Afrikaanse geskiedenis dat soveel Khoin en San groepe bymekaar gekom het.  Die konferensie was geopen deur Adjunk-president Jacob Zuma wie o.a. die bydrae van die Khoi-khoin en San tot die Suid-Afrikaanse geskiedenis kortliks geskets het.  Vir drie dae (29 Maart tot 1 April) het die konferensie die wel en weë van die Khoi-khoin en San in Suid-Afrika bespreek.  Aan die einde van die konferensie was die Nasionale Khoisan Oorlegplegende Raad van Suid-Afrika gestig.  Een van die sake wat druk bespreek was, is die bevordering van die Khoi-khoin-en Santale.  Aan die einde van die konferensie was daar dan ook ‘n resolusie in hierdie verband te boek gestel.  Daar is selfs gevra dat ‘n Khoin-San Instituut gestig moet word waar alle aspekte t.o.v. hierdie groepe bestudeer kan word.  Die resolusie het soos volg gelei:  “That the development of appropriate study programmes and research of Khoisan languages and Khoisan history be financed and resourced” (Report On The National Khoisan Consultative Conference Held At Oudtshoorn From 29 March To April 2001: 16).

Die Nasionale Khoisan Oorlegplegende Raad van Suid-Afrika het ook op Oudtshoorn besluit om elke 2de jaar te vergader.  Die volgende byeenkoms was dus op Springbok in Julie 2003.  Hierdie keer was daar veel minder afgevaardiges as in Oudtshoorn.  Alhoewel daar verskillende verslae gelewer was, is daar niks oor die resolusie t.o.v. die bevordering van die Khoi-khoin-en-San tale gesê nie.

Teen die agtergrond van die resolusie wat te Oudtshoorn geneem is omtrent die Khoi-khoin- en Santale, het Mnr. Cecil Le Fleur, voorsitter van die Nasionale Khoisan Oorlegplegende Raad, ‘n afspraak met die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake, Sport en Ontspanning, gereël.  Hy wou graag met die minister gesels oor die moontlikheid om die Khoitaal, Namagowab, in die Wes-Kaap te herleef (Brink-Cecil Le Fleur telefoniese gesprek, 16 Februarie 2005).  Die afspraak het wel plaasgevind.

‘n Tweede afspraak met Minister McKenzie het gevolg.  Mnr. Cecil Le Fleur en Mnr. Pedro Dausab (Namagowabspreker en kenner) het met Minister McKenzie gaan gesels.  Na ‘n lang gesprek het hulle tot die slotsom gekom dat ‘n reeks bewusmakingwerkwinkels dalk sou help.  Daar was ook na die moontlikheid gekyk om Mnr. Dausab voltyds so ‘n program te laat dryf.  Hierdie twee gesprekke het gehelp om die weg te baan tot die minister se sameroeping van die 22 Januarie 2003 vergadering in Kaapstad waar die moontlikheid van ‘n bewusmakingsvelftog bespreek is.

4.3.3.    Die Wes-Kaapse Taalkomitee se bewusmakingsveldtog t.o.v. Khoi-khoin- en Santale (Khoin-Santale)

Die Wes-Kaapse Taalkomitee het met ‘n bewusmakingsveldtog t.o.v. die Khoi-khoin-en Santale in die vroeë 2000s begin.  Waar het die idee van ‘n bewusmakingsprogram ontstaaan?   Hierdie gebeurtenis het ‘n lang voorgeskiedenis.  Op ‘n werkswinkel gehou 10-12 Oktober 2000 by “Poem se Voetrus” te Oudtshoorn, bygewoon deur verteenwoordigers van verskillende Khoingroepe, is daar 17 doelwitte vir verdere aksie geformuleer (Nel 2002: 5).  Uit die 17 doelwitte het die Wes-Kaapse Taalkomitee twee goedgekeur, nl., navorsing oor die Khoin en Santale in die Wes-Kaap en ‘n bewusmakingsveldtog (Verslag oor die Khoisan taalwerkswinkel, 5).  Ons sal meer oor die navorsingsprojek later sê.

Op 22 Januarie 2003 het Minister Patrick McKenzie, Wes-Kaapse Minister van Kultuursake, Sport en Ontspanning, ‘n vergadering beroep.  Hierdie vergadering was gedeeltelik ‘n gevolg van Mnr. Cecil Le Fleur se vergaderings met die minister. Teenwoordig by die 22 Januarie 2003 vergadering was Minister McKenzie, Mnr. Pedro Dausab, Dr. Liesel Hibbert, Mnr. Cecil Le Fleur en Mnr. Louis Nel.  Die doel van hierdie vergadering was om die moontlikheid van Khoin bewusmakingwerkswinkels te bespreek (Awareness Workshops on the Nama Language, 2003).
 
Later is besluit dat Pedro Dausab die fasiliteerder van die Wes-Kaap Taalkomitee se bewusmakingswerkwinkels sou wees. Van huis uit ‘n Namibiër en Namagowabsprekend het hierdie man in 1970 Suid-Afrika toe verhuis.  Hy is een van die min Namas in sy ouderdomsgroep wat nog Namagowab kan praat.  Soos elders in Suid-Afrika, veral die Richtersveld, het die Apartheidsregime ook in die destydse Suidwes-Afrika (tans Namibië) Namagowab as skoolvak uitgefasseer.  Namagowab het eers weer in die afgelope 10 jaar as skoolvak in Namibië teruggekeer.  Aan die Universiteit van Weskaap het Pedro Dausab die BA en B Ed grade en aan die Universiteit van Suid-Afrika sy Onderwysdiploma verwerf.  Hy is tans onderwyser aan ‘n hoërskool hier in die noordelike voorstede van Kaapstad en tree ook baie gereeld as tolk op.  Een voorbeeld van laasgenoemde was toe die Richtervelders in die Hooggeregshof in 2003 hul grondeis verdedig het.

In September 2003 het die werkswinkels begin.  Hulle is o.a. gehou te Mitchells Plein, Oudtshoorn, Plettenbergbaai, Vredendal, Groot Brakrivier en Montagu.  Die daaropvolgende werkwinkels was in November 2003, Februarie 2004 en Augustus tot November 2004.  Daar was plek vir 25 persone en die gemiddelde bywoning was ongeveer 85 tot 90% (Brink-Dausab gesprek, 10 Januarie 2005).

Wat het hierdie Wes-Kaapse Taalkomitee se Namagowab bewusmakingswerkwinkels behels?  Dâusab, die fasileerder, het verskillende modules vir die werkswinkels geskryf.  Daar was 4 modules in die Khoi-Khoingowab Bewustheidswerkwinkels  reeks.  Elke module belig een of ander aspek van Namagowab.  In hierdie stadium is daar ‘n poging aan die gang om hierdie vier modules in een bundel te laat druk.

Wat het die deelnemers gedink van hierdie werkwinkels?  Hulle het gedagtes met Louis Nel van die Wes-Kaapse Taalkomitee gewissel oor die waarde van die werkwinkels.  Uit Montagu was daar gefaks:  “Die Hessekwa Kultuurhuis … bedank [u] vir hierdie projek wat deur u en u department van stapel gestuur is”  (Montagu Development Trust, 24 Februarie 2004).  Die Gourikwa Huis het op 27 Februarie laat weet:  “Namens die Gourikwa huis wens ons u hartlik bedank vir die uiters leersame en suksesvolle werkwinkel insake die Nama-taal wat u onlangs aangebied het”.  Op 24 Februarie 2004 het die Attaqua Huis uit Oudtshoorn laat weet:  “In die eerste plek verdien u departement, en al die betrokke rolspelers die agting van die KhoiSan [sic] gemeenskappe wat op hierdie oomblik deel uitmaak van die loodsprojek”.
In hierdie stadium is daar nog nie duidelikheid of hierdie werkwinkels weer aangebied gaan word nie.

Wat sou die omvang en doel van hierdie werkswinkels wees?  Daar sou ‘n totaal van twaalf bewussynswerkwinkels wees.  Die doel was “to provide participants with a basic knowledge of the Nama Language and to raise awareness of a Khoi language still spoken in South Africa and the Western Cape”  (Business Plan 2002).  Die Wes-Kaapse Taalkomitee sou die werkwinkels befonds.  

4.3.4.    Die Wes-Kaapse Taalkomitee se navorsingsprojek t.o.v. Khoi-khoin- en Santale

Daar is alreeds verwys na die byeenkoms by “Poem se Voetrus” en die latere aanvaarding van die voorstelle, te wete, die bewusmakingswerkwinkels en die taalnavorsingsprojek deur die Wes-Kaapse Taalkomitee.  Verdere vergaderings is tussen Maart 2001 en Maart 2002 gehou ter verduideliking van sekere aspekte van die navorsingsprojek plaasgevind (Verslag, Aanhegsel “Vordering van die projek”).   Oor die naweek van 8-10 Maart 2002 was ‘n Khoin-San werkswinkel, georganiseer deur die Wes-Kaapse Taalkomitee in Knysna gehou wat bygewoon was deur ongeveer 50 lede van verskillende Khoingroepe in die Wes-Kaap.   Die doelwit was om die navorsingsprojek verder te bespreek.  Prof. H.C. Bredekamp van die Universiteit van Weskaap het die werkswinkel gelei.  Na ‘n naweek van bespreking, kleingroepwerk, ens.  was die titel van die navorsingsprojek vasgelê.  Dit sou heet “Die Khoisan- taallandskap in die Weskaap: Verlede, hede en toekoms” (Die Verslag oor die Khoisan taalwerkwinkel oor Khoekhoe-en Santale in die Weskaap gehou op 8, 9 en 10 Maart 2002 by die Southern Comfort Western Horse Ranch naby Knysna, 5).   Hierdie studieprojek sou in 2004 begin.  Die navorsers sou Doktor George Brink en mnr. Pedro Dausab wees.

4.4.    Khoin en San tale in Suid-Afrika in die algemeen en die Wes-Kaap spesifiek

4.4.1.        Die Khointale

Tans word slegs Namagowab, die enigste oorblywende Khoitaal, nog in Suid-Afrika gepraat.  Daar is nog ‘n handjievol ou mense op Kakamas, Pella en Keimoes wat die taal kan praat.  Hierdie variant van Afrikaans wat Kora en Gri vervang het, staan vandag bekend as Oranjerivier Afrikaans (Van Rensburg 1984: 514-15 soos aangehaal deur Mesthrie 2002: 35).      

Klein groepies mense praat ook nog Namagowab in Namakwaland en dan is dit nog die voertaal van die Namas in die Richtersveld.  Die bevolking van Kuboes in die Richtersveld is oorwegend Namagowabsprekend.  Die meeste grootmense kan egter nie die taal skryf nie (Boezak & Brink 2000).  Die ander groot dorpe in die Richtersveld is Sandrif, Lekkersing en Eksteenfontein.  Laasgenoemde word oorwegend deur Basters bewoon wat meestal Afrikaans praat.  Reeds ‘n tyd gelede het die plaaslike gemeenskap van Kuboes ‘n Namagowabsprekende onderwyser genooi om die skoolkinders die taal te kom leer.

In die Noord-Kaap is daar ook nog Riemvasmaak, ‘n plek ongeveer 150 km van Kakamas waar Namagowab gepraat word.  Daar word beweer dat hierdie gemeenskap die tweede grootste Namagowabsprekende gebied in Suid-Afrika is (South African San Institute 2001: 7).. Hierdie gemeenskap is onder dwang deur die Apartheidsregime verskuif.  Een groep is na Namibië en die ander Transkei toe verskuif.  Vanaf 1995 was die mense toegelaat om na Riemvasmaak terug te keer.

In die Wes-Kaap het die Khointale feitlik uitgesterf.  So hier en daar is enkele indiwidue wat nog die taal praat.
     
4.4.2.        Die Santale    

Tans is feitlik al hierdie tale in die Wes-Kaap spesifiek en die res van Suid-Afrika in die algemeen dood.  Die sprekers van die Santale wie se tale uitgestref het, is geabsorbeer deur of ander Swarttale of Afrikaanssprekende Bruingemeenskappe.  Daar word geskat dat daar tussen 10 000 tot 20 000 San in Suid-Afrika was toe hierdie proses begin het.  Drie honderd jaar later sou hierdie tale nie meer bestaan nie.

Daar is‘n handjievol sprekers van  /’Auni en Khomani in Gordonia en die Kalahari Gemsbokpark.  In die 1990s is San-getalle vermeerder toe die Suid-Afrikaanse Weermag talle lede van die !Xû en Khwe stamme na Suid-Afrika gebring het.  Die !Xu was ongeveer 1 500 mense en die Khwe 3 000.   Hierdie mense was oorspronklik uit suidelike Angola en noordelike Namibië.  Dis ook een rede waarom sommige van hulle Portugees kan praat.  Vanweë hul betrokkenheid aan die Suid-Afrikaanse kant in die Namibiese Vryheidsoorlog wat in die 1970 en 1980s plaasgevind het en wat op ‘n Swapo oorwinning uitgeloop het, was hulle as personae non gratae in die nuwe Namibië bestempel.  Die Suid-Afrikaanse Weermag het hierdie mense na Suid-Afrika gebring en in die omgewing van Schmidtsdrift naby Kimberley gevestig.  Hier sou hulle vir ‘n tyd lank woon.  Die twee gemeenskappe was dan ook apart gevestig.  ‘n Paar jaar gelede was hulle ‘n ander vesting aangebied.  In 2003 het die Khwestam en sommige lede van die !Xû stam daarheen verhuis.  Eerwaarde Henry Muhango, ‘n !Xû leier, en sommige van sy mense het besluit om in Schmidtsdrif aan te bly.  In die laat 1990s was daar ook ‘n radiostasie vir die !Xû en Khwe gestig.  Daagliks kan hierdie mense na programme in hul eie tale luister (Brink 2004).

Die Khwe het nie ‘n geskrewe taal nie (SASI 2001: 8) en baie sprekers daarvan het dus Afrikaans op skool geleer, maar Khwe by die huis gepraat.  Dit was die geval in Namibië en weer so in Suid-Afrika.  In Suid-Afrika het Engels ook nog bygekom.  Tweetaligheid en indien nie-veeltaligheid is besig om plaas te vind.  Die Noord Kaap waar hierdie mense woon, is natuurlik oorwegend Afrikaanssprekend.

In die Wes-Kaap is daar ‘n Sangemeenskap by Kagga-Kamma, ‘n plek nie te ver van Kaapstad (Brink 2004: 3).  Hierdie San-groep woon in hierdie toeriste oord en doen die aktiwiteite wat hulle normaalweg in die Kalahari woestyn sou doen.  T.o.v. taal is tweetaligheid alreeds in hul geledere: hulle praat hul Santaal en Afrikaans.  Aangesien hul getalle nie dramaties groei nie, wonder mens of hul taal nie ook die weg van talle ander Khoin en Santale sal gaan nie: eers tweetaligheid, dan verkraling en uiteindelik die verdwying van die taal.

Laastens, die South African San Instituut (SASI) het ook in 2003 uit Kaapstad verhuis en na Kimberley geskuif.  Hirdie nie-regeringsorganisasie wat verdienstelike werk onder die San doen, het nog egter geen taalkundige studies oor die San tale gedoen nie.  Dit het wel vanaf 18-21 Maart 2001 ‘n konferensie oor taalregte gehou.  Die konferensie word weergegee in sy Language Rights for Marginalised Constituencies in South Africa (2001).  SASI het egter al goeie werk in die gebied van leierskapsontwikkeling gedoen.

Mens kan saamvat deur te sê dat die meeste Santale in Suid-Afrika uitgesterf het.   Vandag word die Santale net nog by Kaggakamma, Schmidstdrift en omgewing en in Gordonia (Upington area) en die Kalahari Gemsbokpark gepraat.  Dieselfde lot het die Khoin tale getref.  Dit word nog net deur ‘n klein groepie mense in Namakwaland en in die Richtersveld en Riemvasmaak gebesig.  

Luister wat SASI in sy Language Rights for Marginalised Constituencies in South Africa (bl. 4) oor die verdwying van tale sê:  dit verwys na die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization (UNESCO)) se bevinding.  UNESCO beweer dat van die wêreld se 6 000 tale 50% verlore sal wees in die volgende generasie.  Daar is tans 181 tale wat tien sprekers en 1 075 wat minder as ‘n duisend sprekers het.  Die huidige spoed van taalverdwyning is ongekend in menslike geskiedenis en is die gevolg van die versnelde globalisering van ekonomië, die vernietiging van omgewings, ens.  Die meeste tale wat besig is om te sterf is die wat deur inheemse mense gepraat word.  Suid-Afrika is een van die lande waar inheemse tale al sedert 17de eeuse Europese kolonisasie verdwyn het.  SASI gaan verder en sê dat inteendeel met wat normaalweg beweer word dat tale uitsterf, omdat tale uitgediend word, is dit nie die geval in Suid-Afrika nie.  Die tale van die inheemse mense het uitgesterf vanweë volksmoord en ander natuurrampe.  

Volgens SASI het die N/u taal, die laaste van die !Ui tale, net ongeveer 22 sprekers in 2000 gehad.  Die getal Namagowabsprekers is nog steeds onbekend, maar hul getal word op vyf duisend in Suid-Afrika geskat.  

Laastens, die Suid-Afrikaanse tale val vandag in vier hoof groepe uiteen.  Hulle is die Europese tale (Engels en Afrikaans), die Indiese tale (Hindi, Gujarat, Urdu (van die Indo-Germaanse tale) en Tamil en Telegu (van die Dravidiaanse taalfamilie, Khoin-San tale (die meeste is tans in Namibië) en die Swart tale (Schuring en Yzel 1983: 1-2).  Dis slegs die Khoin en San tale wat feitlik almal uitgesterf het.

4.4.         Samevatting

Ter opsomming kan mens verskillende sake aanroer.  Eerstens, vir ‘n lang tyd het  Khoin en San lotgevalle saam met dié van die Swart mense geval.  In 1898 was ‘n wet wat Khoin en San sake aansienlik in die 20ste sou beïnvloed, deurgevoer.  Dit het die Khoikhoin as “Native”, m.a.w. as swart verklaar.  Hierdie situasie het voort bestaan tot diep in die 20ste eeu.  Khoin en Sansake het in hierdie stadium feitlik verdwyn.  Baie Khoi-khoin en San was ook mettertyd deur Bruingemeenskappe geabsorbeer (Brink 2000).  Tweedens, die 1996 grondwet het ‘n herlewing van veral Khoinsake in die Wes-Kaap veroorsaak.  Hierdie nuwe belangstelling in Khoinsake het o.a. tot hierdie navorsingprojek en die Wes-Kaapse Taalkomitee se
bewusmakingswerkwinkels gelei.  Laastens, alhoewel Namagowab en  verskillende Santale steeds in die Wes-Kaap gepraat word, kan mens sê dat die meeste Khoin en Santale uitgesterf het.  Taaldoodheid het dus ingetree.  Hulle het almal feitlik dieselfde paadjie gegaan: tweetaligheid het ingetree; daarna het verskraling van die taal gevolg en uiteindelik het ‘n verskuiwing na ‘n ander taal gevolg.








HOOFSTUK 5

Die invloed van Khoi-Khoin- en San-Tale op die geografie / plekname in die Wes-Kaap

5.1    Inleiding

Byna elke persoon wat die eerste ervaringe met die Inboorlinge geboekstaaf het, is dit eens dat die eerste Europeërs wat met die Khoi-Khoin en San in aanraking gekom het,  baie bevooroordeeld was teenoor hulle. Nie net ten opsigte van die taal nie, maar ook hulle gebruike, norme en waardes.  In hierdie hoofstuk sal egter slegs op die taal gelet word.  Ter stawing van hierdie stelling haal ons die volgende aan: “Onder die amptenare en matrose was welberese mense wat in verskillende dele van die skaarsgeskende wêreld besoek afgelê het, maar nêrens het hulle ooit iets gehoor wat so wild vir hulle geklink het as die taal van die Hottentotte nie. Hulle kon daarvan geen kop of stert uitmaak nie: dit was iets heeltemal anderwêrelds” (Nienaber 1983: 76).  (Tindall vir ‘n uitgawe van die Encyclopedia Brittanica skryf): “Die uitwerking van volgehoue en frekwente geklap en geklik, die geknal en geknetter op die oningewyde se gehoor was oorstelpend: die mond van ‘n mens word die mond van ‘n masjiengeweer wat knallende implosies op hom afskiet – dit is amper ‘n veldslag!” In 1615 vertoef die geestige Edward Terry twee weke aan die Kaap. Vir hom is die Tafelbaai nog “ the bay of Souldania.” Oor die Khoi-Khoin en hul taal het hy ‘n paar mededelings wat ook stilisties goed is en waaruit ons die volgende aanhaal: “… but the sun shines not upon a people in the whole world more barbarous than those which possess it; beasts in the skins of men in the skins of beasts; as may appear by their ignorance, habit, language, diet . . .” (Nienaber1963: 15).  

Teen hierdie agtergrond gesien, is die plekname ens. wat in Khoi-Khoin en San Tale behoue gebly het, dus ‘n onbeskryflike, geskiedkundige stuk erfenis.

5.2    Plekname
        
 Plekname en eiename, volgens reël, begin altyd met ‘n hoofletter, maar die vier klikklanke/suigklanke in Nama is altyd klein letters, dus word die letter onmiddillik ná so ‘n klikklank as ‘n hoofletter geskryf. Byvoorbeeld: Garib, oftewel, Grootrivier !Garib;   Dit is verder begryplik dat die koloniste hul eie taal as ‘n vanselfsprekendheid beskou het en eers gedeeltelik daarvan bewus geword het by die naamgewing waarby die Khoi-Khoin en San ‘n groot rol gespeel het.

As ons vergelykings tref met die vreemde woorde ontleen aan die inboorlingtale met dié uit Maleis-Portugese woorde, en alleen direkte ontleninge uit Maleis-Portugees in aanmerking neem, en dan plaas- plekname as ‘n deel van die woordeskat beskou, dan glo ons dat daar ‘n langer lys van Khoi-Khoin woorde in Afrikaans opgetrek kan word. Ons wil ons verstout deur op te merk dat dit feitelik vanselfsprekend is dat daar meer plekname oorgeneem sal word uit die taal van outogtone, dan uit dié van later ingevoerde slawe. Natuurlik moet spoedig erken word dat verskillende leenwoorde uit Khoi-Khoin en San ongebruik of hoofsaaklik in bepaalde streke bekend is. As ons Namakwaland uitlaat wat buitekant ons taalgrense val, en waar dit nog van Namaplekname wemel, dan wil ons Pettman aanhaal wat sê: “about two hundred Bushmen and Hottentot names on the map of South Africa.” (Notes on South African Place Names).  By die plekname- en plaasname is samestelling ontbeerlik.  Gevolglik sal woordvoorraad ook aandag geniet.  Daarom:  samestellings is ongetwyfeld een van die belangrikste metodes van woordvorming, woordskepping, woordeskatuitbreiding van ‘n taal se woordvoorraad. Die nuwe vaderland het die Afrikaanse volk in onmiddellike aanraking gebring met vreemde geografiese -, plante- en dierewêreld. Vervolgens vergelyk die volgende plekname/geografiese name, plantewêreld en dierewêreld soos geskep vir die Afrikaanse taal:
 Dierewêreld:  see + koei + vlei = Seekoeivlei; leeu + kop = Leeukop.
 Plantewêreld: Op een of ander manier word plantname geassosieer met inboorlingstamme, bv. boesmanstee, hotnotskooigoed, hotnotsvyg ens. By die naamgewing aan verskillende plante speel historiese feite en gebeurtenisse ‘n rol. ‘n Groep van plantname, vanuit ‘n taaloogpunt beskou, vorm ‘n aantal hibriediese, oftewel gebasterde samestellinge, waarvan die eerste deel uit een of ander inboorlingtaal ontleen is, bv. boegoekruid, gannabos, kareeboom, kieriehout of aan die tweede deel, bv. klipboegoe, klipdagga, soetgonna ens. Voorts moet ons ook in gedagte hou dat sommige benaminge misleidend is, bv. die benaming “koorsboom” moet ons nie aflei dat die boom geneeskundige kragte teen koors besit nie, maar dat dit in die streke aard, waar die koors heers.
Aalwyn : Nama =kore. b,  aukore. b = aloe.( Nienaber, 1963: 201) praat van Goreebos, kanniedood, kokerboom en maak ook melding daarvan dat die woord ook in plekname voorkom en vertel van Goerecha/Aloerivier by die Buffelsrivier. Daar moet gemeld word dat die uitgang CHA vandag geskryf word as XA en volop aan, of ryk aan, beteken, !ab=rivier. Om die plantname af  te sluit, wil ons weereens Nienaber aanhaal: “Schultze 168 vermeld die naam as goreb vir die Bitter Aloë . In die Noordweste word dit vir alle aalwynsoorte gebruik.” (Nienaber, 1963 : 202)

Dit is gebiedend noodsaaklik om veral wanneer plekname en plaasname behandel word, die volgende in ag te neem:

•    Plekname dra in Afrikaans altyd ‘n min of meer offisiële kasjet/cashet en kan dus nie so maklik verander word nie. Hulle word gewoonlik deur staatskommissies, munisipaliteite, dorpsrade, landmeters ens. gegee. Die hoofmotief is die vernoeming van verdienstelike persone of van die oorspronklike eienaar of eienaars van die bepaalde plek. Een sprekende voorbeeld hiervan is seker wat Pettman sê: “ even the tiny mouse,” en as voorbeeld noem hy: “Muizenberg, traced by some to the mouselike resemblance which they see in its crown of rocks”(Boshoff 1921 : 325).  Maar Muizenberg het niks met muis te doen nie, wel met ‘n offisier van die N. O. I. K. by name Wijnand Willem Muys, wat met enige soldate daar ‘n buitepos van die Kompanjie bewaak het. (Vergelyk Nico Malan Teater =Arts Cape, Talenti ║Hui !Gaeb, vertaal deur P. Dâusab, asook die groot bohaai om Adderleystraat se naam verander te kry.)

•    Plaasname daarenteen word vir ‘n groot deel deur die boere self gegee.
Historiese motiewe gee gewoonlik die deurslag by die plekname, daarom beskou ons vanuit ‘n taaloogpunt die bovermelde feite baie belangrik. Hulle is produkte van die taalaktiwiteit van die volk. By die behandeling van die plek- plaasname kan gelet word (1) op die eerste en (2) op die tweede deel van die samestelling. Hier word slegs enkele voorbeelde genoem, o. a. Kareeberg, Asgaaiboshoek, Uintjieshoek Hierdie name bewaar  herinneringe aan verskillende boomsoorte. Let ons op die eerste deel van die samegestelde plek- en plaasname, dan sien ons daarin hoofsaaklik die name van die wilde diere en die plante, waarmee op die jag, op trek, op ontdekkingstogte en selfs by die boerebedryf kennis gemaak is. Daarenteen wanneer ons op die tweede deel let, wys dit op grondverdeling en ligging (-kamp, -deel, -draai, -elmboogens.) Vergelyk dus hoe die ligging of vorm vertolk word in die volgende voorbeeld: In 1700 het die Hoë Kommissaris aan Willem van der Stel vierhonderd morge grond in Hottentots-Holland gegee.  Die landgoedt et hy Vergelegen genome, omdat dit so ver van Holland geleë was (Nienaber : 1963 : 55).  Nienaber en Raper beklemtoon dat die oudste name deur die San en Khoi-Khoin gegee is: “…the oldest place names are those given by the Hottentot and Bushmen (Nienaber en Raper 1983 : 3 ). Vir die agtergrond ‘n kort nota:  omtrent die name “Hottentot” en “Khoi-Khoin.” Veral is dit belangrik in die geval van “Hottentot(s),” omdat hierdie woord ruim gebruik word vir plekname soos: Hottentotsbaai, Hottentotsrivier en die welbekende Hottentots-Hollandberge asook Hotnotsbaai (Riversdal) en Hotnotskop (Graaff-Reinet).

Die Europeërs wat hier kom woon het, het hul eie name aan plekke gegee, “… but took note of the indigeous names of prominent geographical features such as mountains and rivers” (Nienaber en Raper 1983 : 22).  Daar het beduidende getal Khoi-Khoin name behoue gebly. Sulke name sluit in: Riviere: Abenab, Aroab, Auob, Bega Coerney, Daweab, Gamga, Gariep, om maar ‘n paar te noem. Hier is die suig- klikklake weggelaat, bv. (byvoorbeeld) Gariep = !Garib,(Grootrivier/Oranjerivier), Aroab = ╪Aro!ab, Auob = │Aub.
 Berge: Rooiberg = Awauib │Awa│uib, direk vertaal sou dit Rooiklip wees. Swartrand = ╪Nu!nanib, Witrand = !Uri!nanib. Graag noem ons die feit dat hoewel ons  in hierdie navorsing tot die Wes-Kaap se gebied, beperk is, dit gebiedend noodsaaklik is om die volgende aanhaling te maak om die omvang van die invloed wat die Inboorlinge in die naamgewing van geografiese plekname gespeel het, te illustreer: “There is certainly no question about the abundance of Khoekhoen place names. The most extensive work to date devoted to the study of Khoekhoen place names, Toponymica Hottentotica in three volumes (1977-80), by the authors of this book, contains roughly  5 000 names from the areas inhabited by the Khoekhoen and their descendants.And these are by far not all the names.” (Nienaber, en Raper : 1983 : 24).

Reeds in 1655 het Jan Wintervogel die eerste San omtrent vyftig myl noord van die Kaap ontmoet, en hoewel ons voel dat die invloed van die San op nomenklatuur, (Sisteem van reëls waarvolgens naamgewing geskied op wetenskaplike gebied) gering is, kan met sekerheid afgelei word dat hulle op die een of ander tyd oral in Suid-Afrika gewoon het, en sommige Sanstamname se name is ook in plekname te vind, bv. dié van die Obiekwa-stam in die Obiekwaberge naby Wellington. Die plek wat nou bekend staan as Bethulie, het die San T’kout’koo genoem (Nienaber 1963 : 27). Daar word ook beweer dat Gonggong, naby Kimberley aan die Vaalrivier, ‘n onomatopeïese (naamkundige) Sanwoord is om die geruis van water deur ‘n gat in die rots aan te dui.

Dit is van pas om met die volgende plekname af te sluit. ‘n Goeie voorbeeld is die ou naam vir Kaapstad (Huigais = ║Hui!gaeb), letterlik “Klipkraal”, ‘n inlandse naam vir die “Kasteel” = Kaapstad). Goudini, hierdie naam is redelik konstant oorgelewer. Botrivier ; die  Namanaam is Gouga en was ‘n rivier in die distrik Caledon. Chaub (Xaub) (nou Danielskuil) in Griekwaland-Wes. In die nabyheid van die dorpie is daar ‘n grot omtrent twintig voet diep met ‘n koepelvormige dak en ‘n opening daarin.Dit was die Griekwa-opperhoof, Waterboer, se gevangenis. (Nienaber 1963 : 200). Graag word ook’n paar Namaname genome wat vervang is; onder andere: Palmietrivier in die distrik Caledon. Kaap was bekend in Nama onder die naam Houtman , Houtema of Slangrivier (│aob, slang); ║Huis-!geis, die Namanaam vir Kaapstad, het darem nognie heeltemal verdwyn nie, want dit word nog gehoor onder die Namakwa-Namas; Potjesrivier, die naam Chamika (Leeurivier) wat aan ‘n tak van die Kamnassierivier in die distrik Uniondale geleë is, het verdwyn en dié riviertjie dra nou die naam van Potjesrivier. Dit is duidelik dat hierdie name iets van die omgewing, geaardheid van die grond, iets van die bome, plante en diere war daar aangetref is, vertel.  Slegs  ‘n paar plekname het betrekking op een of ander gebeurtenis.

5.3    Samevatting

Aanvanklik was die Europeërs baie bevooroordeeld teenoor die Inboorlinge en omdat hulle die taal van die Inboorlinge nie as ‘n taal van die mens gesien het nie, was dit betreklik moeilik om hierdie “nie-taal” te probeer aanleer.  Die koloniste het hul taal, dus, vanselfsprekend aanvaar as superieur/meerderwaardig en mettertyd toe hulle uit die aard van die saak blootgestel is aan die naakte werklikheid, het hulle met ‘n skok besef dat hulle aangewese is aan hierdie “nie-taal van die mens”, veral wat betref die name van plante, diere en plekke.  In die proses van wedersydse beïnvloeding,  het die taal ‘n kardinale rol gespeel.  Die Inboorlinge het betreklik makliker die Europese tale onder die knie gekry, terwyl die Europeërs daarenteen die tale van die Inboorlinge absoluut moeilik gevind het.  Dus, is dit te verstane dat baie suigklanke in die naamgewing weggelaat is en ook dat sekere Khoi-Khoin- en Sanplekname en plaasname verander is.

Ons het in hierdie hoofstuk noodgedwinge plant- en dierename aangesny, omdat die daaglikse bestaan van die Koloniste ook tuinmaak (inheemse plante); jag (diere) uitgemaak het.

    

   

 
    












HOOFSTUK  6

6.1.    Inleiding

In hierdie hoofstuk word spesifiek klem gelê op die invloed wat Khoi-Khoin- en Santale op Afrikaans enersyds en isiXhosa andersyds gehad het.  Dit is egter van die uiterste belang om te besin hoe die eerste Europeërs die Inboorlingtale bejeen het, reeds omdat hulle die eerste  mense was wat in hul reisjoernale en dagboeke dit wat hulle met die Inboorlinge ervaar het, geboekstaaf het.  Die Europeërs het trouens die Inboorlinge se taal “onleesbaar” gevind en baie onvriendelike opmerkinge daarop gemaak, veral die suigmedeklinkers het vir hulle total vreemd en selfs bietjie “dierlik” geklink.  Dit was “onnabootsbaar”. Die inlanders “klok en fluit” sê Van der Does, (1595 ), hulle hik en sug, beweer De Beaulieu (1620), hulle “gorrel”, meen Wurffbain (1646), hulle taal is “inarticulate noise, rather than language”, hoor ons by Terry (1615), dit is “apishly sounded”, volgens Herbert (1626), en van 1595 af het die sprekende inlanders die besoekende uitlanders laat dink aan kalkoene wat kloek. (Nienaber, 1977 : 35).

Dit is onvermydelik dat wanneer verskillende kultuurgroepe voortdurend in aanraking kom, daar ‘n wedersydse vermenging op byna elke gebied plaasvind.  Vir ons doel hier, sal spesifiek op die taal gelet word.

Die aanraking met die Inboorlinge het begin, toe Jan van Riebeeck aan wal gestap het. Altwee groepe het belang daarby gehad om voortdurend in aanraking met mekaar te bly: die Kompanjedienaars, en later ook die koloniste, om vee te ruil en sover moontlik gebruik te maak van die arbeid van die Khoi-Khoin, en laasgenoemde groep om vir hulle vee en arbeid soveel koper, tabak, brandewyn ens. te beding, as wat enigsins moontlik was.

 Daar reeds in die vorige hoofstuk aandag geskenk is, hoofsaaklik aan plekname, plaasname ens. sal volstaan word met die volgende stelling en daarop volgende twee aanhalings t.o.v. plekname, plaasname en andere: Soos verwag kan word, word kulturele en taal invloede tussen hierdie groepe in die plekname, plaasname ens. gereflekteer, dus “Older names were altered, adapted, translated (wholly or in part), and supplanted.  Hybrid forms, with part of names in one language and  another part in different language, came into being”  (Raper, 1987 : 1).  “The main spheres of Khoi borrowing are toponyms and names of plants and animals.  Toponyms such as the following were loaned integrally (and transphonologised): Dwyka, Gamka, Gamtoos Garies, Gourits, Kamdebo, Kamiesberge, Karoo, Kei, Keiskamma, Knysna, Koup, Kuiseb, Okiep, Outeniekwa, Prieska and Tarka. Calqued toponyms include: Vaalrivier, Grootrivier, Hartsrivier, Modderrivier, Rietrivier, Sandrivier, Valsrivier, Wilgerivier, Botrivier < Botterrivier, Dassiefontein, Grootfontein, Klaarwater, Lekkersing, Rooiberg, Soetwater, Springbok, Warmbad. The journal of Isaq Schryver (January 30-31, 1689) presents a closeup of toponymic calqueing: … the place was named Kaukou, that is … Steekdoornsrivier [“Thorny River’] by the Hottentots. Monday we left Steekdoornriver.” (Ponelis, 1993 : 104).  Dit  is maar van die sprekende bewyse dat daar  beslis  tussen die genoemde groepe wedesydse beïnvloeding plaasgevind het.

6.2.    Die invloed van Khoi-Khoin- en Santale op Afrikaans
Daar is ‘n beduidende invloed van Khoi-Khointaal op Afrikaans, nie net wat die plekname, plaasname, plantname, dierename ens. betref nie, maar op Afrikaans in die algemeen.  Die invloed van die Santaal daarenteen is nie so indrukwekkend nie, vanweë hulle leefwyse, kleiner getalle en omdat hulle vir diesulke redes verder van die Kolonie af gebly het.  Hierdie invloed is egter deur sekere elemente, oftewel, faktore gekortwiek.  Vervolgens kyk ons na  ‘n paar van  sodanige faktore:

•    Die eerste sogenoemde “inlandse” taal waarmee die  uitlanders aan die Kaap van naderby kennis gemaak het, was die Khoi-Khointaal. Dit was onder andere vanweë sy suig- of klikklanke ‘n moeilike taal vir die blankes om aan te leer.
•     Verder is dit bemoeilik deur die rondtrekkende gewoontes van die Khoin.
•     Andersyds het die Khoi blybaar betreklik gou en maklik die taal van die blanke aangeleer en op die duur in baie gevalle hulle eie afgeleer.
•    In 1713 het die eerste pokkiesepidemie aan die Kaap uitgebreek wat die Inboorlinge die swaarste getref het.  Hulle is in 1755 deur ‘n tweede pokkiesepidemie verder uitgedun. Teen 1775 het baie stamme verdwyn. en van die wat agtergebly het, het kultureel verbrokkel.  Alleen nog aan die periferie en buite die koloniale grense is stamvaste ou ingesetenes aangetref en alleen daar was hul taal nog in funksie.
•    Met die toekenning van veeplase aan die vryburgers deur W.A. van der Stel is die Khoi-Khoin verder verdryf: “Vir veeboerdery was groot plase nodig, anders as vir wyn- en koringverbouing van voorheen. “Die khoekhoen het in dié gebiede ontstam geraak en hulle eie taal geleidelik prysgegee.” (Nienaber en Raper, 1977 : 16).
Dit is maar ‘n paar van die faktore wat die invloed van Khoi-Khoin- en Santale op Afrikaans beperk het.

Waar die algemene Afrikaans hoofsaaklik leksikale ontlenings uit Khoi geleen het, is die noordwes meer diep beïnvloed. “The extent of lexical borrowing is hard to gauge because of the difficulty of pinning down calqueiring.  The main spheres of Khoi borrowing are toponyms and names of plants and animals.  Toponyms such as the following were loaned integrally (and transphonologised): Dwayka, Gamka, Gamtoos, Garies, Gourits, Kamdebo, Kamiesberge, Karoo, Kei, Keiskamma, Knysna, Koup, Kuiseb, Okiep, Outeniekwa, Prieska and Tarka” (Ponelis, 1993 :104).  Die toponieme wat vasklou, is: Vaalrivier, Grootrivier, Hartsrivier, Modderrivier, Rietrivier, Sandrivier, Valsrivier, Wilgerivier, Botrivier < Botterrivier, Dassiefontein, Grootfontein, Klaarwater, Lekkersing, Rooiberg, Soetwater, Springbok, Warmbad. Die plantname: boegoe, dagga en kanna is die oudste Khoi ontlenings uit die 17de eeu.  Die ander plantname wat uit Khoi ontleen is, is karee, kaam (Bessie), narra kambro, baroe, gonna(bos) ens. ens. Diername sluit in: geitjie, koedoe, oorbietjie (oribi). In die vorige hoofstuk is  plaasname , diername, plantname en meer spesifiek plekname behandel, dus val die klem nie op hierdie name nie, maar meer op die taal as sulks.

6.3.    Internasionale gemeengoed

Oor die herkoms van die volgende uitroepe is daar weinig sekerheid: Sa!, Arrie en Alla.  Hulle lyk byna na internasionale gemeengoed.  Hittete is ‘n soort van uitroep wat gewoonlik gebruik word in uitdrukkinge soos: “Dit was hittete! of  “Dit het so hittete gegaan!” Die dialektiese uitroep druk gewoonlik “misnoegdheid” / “onverskilligheid” uit.  Die meeste uitroepe is seker die resultate van refleksiebeweging, vandaar dat hulle in verskillende tale byna dieselfde is. Met minder beslistheid kan ons dit van  soe! en aitsa! sê, en nog minder sekerheid van poe! en ga! Soe! druk in ons taalgebruik uit ‘n gevoel van “WARMTE”, sowel as van “KOUE”, van “moegheid” sowel as van “pyn”.  Dit is dus ‘n uitroep van ‘n wye toepassing om allerlei onaangename liggaamlike aandoeninge uit te druk.  Ons kan konstateer, dat die Afrikaanse soe! al die betekenisse van al die verskillende uitroepe van Khoi-, Nguni- en Nederlandse oorsprong verenig.

Die uitgebreide Khoi-Afrikaans tweetaligheid het ‘n beduidende Khoi invloed op noordwes Afrikaans tot gevolg. Veral die grammatikale ontlening in hierdie verskeidenheid sluit die gebruik van “se”( besitlike) soos ek/hy se hoed “my/his hat”.   In sy “The Development of Afrikaans spog, Fritz Ponelis, dat uit Khoi die meeste ontlenings gekom het as enige ander dialek.  Ons haal graag Ponelis  in hierdie verband aan: “The variety contains many more Khoi loans than other dialects, e.g. /ou “share”, gamma “kind of jackal”, ghnorra “back of the head, ghwa “dry”, ontsihama “kind of plant”, suru “scrape off fat”, tetoetoe “kind of salamander”.  Many of these loans contain clicks, though the various series of Khoi clicks are reduced, to the dental [│] or the alveolar [!].” (Ponelis, 1993 :104).

Daar is reeds genoem dat met die voortdurende aanraking van die verskillende kultuurgroeperinge beïnvloeding onvermydelik is.  Deur die uitbreiding van die Kolonie het die koloniste mettertyd al meer in aanraking gekom met verskillende Namastamme en ook met die San en van die tweede helfte van die 18e eeu af met die swartbevolking. Volgens Lichtenstein het ‘n meisie met die van, Coetzé, die taal van die Namas sowel as die San en selfs swarttale gepraat.  Hierdie aanraking was nie beperk tot handel, kerk en amptelike aangeleenthede nie, maar mettertyd ook op die wekplek.  Vergelyk die volgende:  die meeste uitdrukkinge in verband met dronkenskap in Afrikaans stam uit die wyndistrikte van die Kaap Kolonie en moet beskou word as uitinge van die humor en spotlus of die afsku en verontwaardiging van die blanke ten opsigte van die dranksug van die Khoi en in enkele gevalle kan die spreekwoordelike ontboeseminge van die olike Khoi self. Ryk is veral die aantal spreekwoorde ens. in verband met die wynbou, en met wat daarmee in verband staan, dronkenskap.  Hier volg enkele spreekwoorde: “hy is dronk” kan o.a. op die volgende maniere uitgedruk word: hy is hoenderkop, hy is lekkerlyf, hy is vol geselskap, hy is hoog in die takke ens ens. Omtrent die gebruik van sulke uitdrukkinge teken Schonken aan: “O. K., 1899, telt ongeveer 90 dergelijke – in Zuid-Afrika is ontstaan.  Dit is in ieder geval een achtenswaardig aantal voor het jonge en kleine taalgebied…” (Boshoff, 1921 : 337). Vergelyk ook die volgende :  Dawidsworteltjies ‘n volksetimologiese vervorming van die Khoi-woord “dawéb “( “Dawébusch”, Kroenlein) Dan kan die volksetimologie ook verantwoordelik wees vir die spreekwoord: by dawidswortel is aan ‘n persoon Dawid gedink en deur die volksverbeelding word die denkbeeldige persoon skertsenderwyse voorgestel as ‘n grawer van die wortels.

Die volgende voorbeelde is taamlik  in die algemeen bekend: Van suiwer Namaoorsprong is seker gogga, wat ongetwyfeld in verband staan met Nama xo-xon., Namawoord gus (wisselvorm gutie, goudi) beïnvloedend kon gewerk het op die oorgeërfde woord gust. Hierdie Namawoord is waarskynlik ook nog bewaar in die pleknaam ,Goudini. Die woord boegoe was  al lang bekend en karee skyn ‘n
later ontlening te wees as dagga en boegoe. Die woorde  kierie en karos kom al in die Kaapse reisverhale voor in 1685 (R. ŭ Z.A. I : 187). Abba of aba deur dr. Mansvelt afgelei van Nama awa = “ein kind auf dem Rücken tragen” (Kroenlein.

6.4.    Die invloed van Khoi-Khoin- en Santale op Xhosa

Die eerste noemenswaardige bydrae ten opsigte van die invloed wat veral die Khoi-Khointaal op Xhosa uitgeoefen het, is uit  Meinhof se pen.  Hoewel sy werk  reeds in die vroeë 1970’s gepubliseer is, is dit taamlik onbekend, daarom is dit nodig om die volgende uit Louw, J.A. se “The Adaptation of  Non-Click Khoi Consonants in Xhosa” aan te haal:  “Meinhof made the first substantial contribution to our knowledge of the Khoi loans in Xhosa.  His paper was published more than 70 years ago and unfortunately it is not quite as well known in this country as it should be.  For that matter I was quite surprised when I found that a prominent African linguist was unaware of it.” (Traill, 1977 : 74). Ons skop af met die genasaleerde “m” soos deur Meinhof behandel. │ams “point”  íncâm  “point, end” Let hier op dat die klikklank [│] van Khoi dieselfde uitgespreek word as die isiXhosa [c].  !ham “store” íqhámthwa “store” Weereens is die klikklank [!] van Khoi dieselfde uitspraak as [q] van isiXhosa. Die derde klikkank in Khoi = [║] dieselfde uitspraak in isiXhosa = [X]. Vergelyk, ║khamab “hartebeest” íxhama.  As ons na die voorbeelde  wat hierbo  gegee is, kyk, let ons op dat daar beslis ooreenkomste  in die verwantskap van Khoi en isiXhosa is.  Tog moet erken word dat hoewel daar beweer word dat aantal woorde uit Khoi in die tale van die nie-blankes oorgegaan het, bv. in die suidelike Bantoe, deur dr. Wilhelm Bleek en andere,ondanks hul vermoede  dat die klapklanke wat van die Khoi afkomstig is, nie hierdie indringing van suigkonsonante uit die geskiedenis self  oortuigend kan  bewys nie, maar dat daar onregstreekse uitsprake nog steun aan die opvatting verleen.  Vergelyk ook die volgende aanhaling:  “Die Bantoesprekers van die oostelike streke het ‘n “smaak” vir die suigkonsonanta ontwikkel.  Net voor 1800 se Barrow ATIS / 218 bv. “In a very few words, and these generally proper names, they have adopted the palatial clacking of the tongue used by the Hottentots” (Nienaber en Raper 1977 : 18).

Hierdie afdeling word afgesluit deur  sekere  ontlenings uit Santaal na isiXhosa  te gee: ongelukkig kan slegs ‘n paar voorbeelde gegee word, omdat dit ‘n baie intensiewe studie uit Snyman (1975) is:

žām  “be famished”
udyamdyan 11 “sensation of hunger”
tā’àmà  “please”
ukutamnda  “be gentle, polite in speaking

Daar is nog meer, maar vir ons doeleindes is dit voldoende.

6.5.    Samevatting

In hierdie hoofstuk het ons gesien dat die Europeërs wat bevooroordeeld en lelike opmerkings t.o.v. die Khoi en Santale gemaak het, tog ruim gebruik gemaak het van dié inboorling tale. Nie net wat betref plek- plaasname ens. nie, maar in hul taal in die algemeen. Vergelyk die ryk uitroepe en spreekwoorde wat uit, veral, Khoi ontleen is.
Voorts was ook gelet op die faktore wat daartoe bygedra het dat die Inboorlinge se tale gekwyn het.

Hoewel daar nie bo enige twyfel die invloed  wat  Khoi en San  klapklanke en suigkonsonante op die Xhosa klikkanke gespeel het, bewys kon word nie, is dit tog noemenswaardig die vermenging wat daar tog plaasgevind het. Die ontlening uit die Santale is regtig ‘n pluspunt, omdat die kontak met die San deur die ander kultuurgroepe moeilik was.


 












HOOFSTUK 7

Slotsom

Die Wes-Kaapse Khoi-khoin en San het feitlik op elke gebied beduidende veranderings ondergaan hetsy op taal, gebruike, norme en waardes.  In hierdie navorsingsprojek het ons spesifiek klem gelê op die taal, maar noodgedwonge het ons die historiese gebeure rondom die Khoi-khoin en San aangesny.  Hier onder volg die samevatting van ons bevindinge.

7.1.    Die verlede, hede en toekoms van die Wes-Kaapse Khoin en San taallandskap

Die Wes-Kaapse en die groter Suid-Afrikaanse Khoin-San taallandskap se verlede was in ‘n groot mate deur besoekers en koloniste se negatiewe houding teenoor hierdie tale beïnvloed.  Die eerste seevaarders het eenvoudig net hierdie tale as onverstaanbaar afgeskryf.  Die Nederlanders in die 17de  en 18de  het geweier om die taal aan te leer en het ruimskoots van tolke gebruik gemaak.  Spoedig het meer Khoi-khoin en San Nederlands aangeleer om beter te kan kommunikeer met die owerhede. Byvoorbeeld was Doman na die Verre Ooste geneem en as ‘n tolk opgelei en was hy bemagtig om doeltreffend en professioneel as tolk te kom optree.  Ons noem ook die geval van George Schmidt by Baviaanskloof, (Genadendal), wat die Khointaal so ingewikkeld gevind het dat hy liewer die Khoi-khoin Nederlands geleer het.  Die Khoi-khoin wat belowend in die aanleer van Nederlands gevorder het, het as beloning die Nuwe Testament in Nederlands ontvang.
Die Khoin en San tale het ook ‘n geweldige knou gekry deur die verbrokkeling van Khoin en Sanstamstrukture.  Toe die Nederlanders hier in die 17de eeu aangekom het, het hulle Khoi-khoin- en Sanstamme met volwaardige strukture aangetref (Brink 2000).  Soos die VOC sy grense uitgebrei het en meer Khoi-khoin en San in aanraking met die maatskappy en sy geledere gekom het, het hul strukture begin swakker word (cf. Le Roux 1945).  Byvoorbeeld het Simon Van Der Stel die praktyk van die aanstelling van die Khoinhoofmanne uit die hande van die stamhoofde geneem en hierdie hoofmanne is voortaan deur die goewerneur self aangstel.  Spoedig het Khoin- hoofmanne begin glo dat hul gesag vanaf die VOC kom.  Hierdie was ‘n absolute briljante taktiek van die VOC om die gesag van stamhoofde te ondermyn.  Dit is maar slegs een van die faktore wat tot die verbrokkeling van die Khoi-khoin- en Santale gelei   het.

Die voortdurende kontak en al groter wordende permanensie het in felheid toegeneem en die Khoi-khoin en San van hul taal, kultuur, gewoontes, ens. as’t ware gestroop. Dit is vanselfsprekend dat die mense oorspronklik net hul eie tale gepraat,  maar namate die kontak en blywenheid toegeneem het, het die Khoi-khoin en San hul eie tale verleer en minwaardig beskou.  Dit het juis die geboorte van tweetaligheid in die hand gewerk.  Hierdie gebeure het veroorsaak:

•    ‘n verskraling of verenging van die Khoin- en Santale;.  
•    ‘n verskuiwing na ‘n nuwe taal (Nederlands) en
•    uiteindelike uitsterf van die Khoin- en Santale.

Wanneer die huidige posisie van die Khoin- en Santale in  die Wes-Kaap in oënskou geneem word, word onmiddellik opgemerk dat die proses van  taaldoodsheid al ver gevordered is.  Namagowab, die enigste Khoitaal wat nog in Suid-Afrika gebruik word, word slegs deur enkelinge in die Wes-Kaap gepraat.  In die res van Suid-Afrika word dit, soos reeds elders aangedui, net nog in ‘n paar gebiede gepraat.  Behalwe vir die Kagga-Kamma toeriste-oord word ‘n Santaal nêrens meer in die Wes-Kaap gepraat nie.  Hul getalle neem ook nie juis buitengewoon toe nie, sodat mens kan sê dat hul taalinvloed breër sal kan uitkring nie.  Die mense van hierdie Sangroep praat ook alreeds Afrikaans naas hul moedertaal.

Die toekoms van die Khoin- en Santale in die Wes-Kaap lyk nie rooskleurig nie en ook nie in die res van Suid-Afrika nie.  Ander faktore wat ook in hierdie taalsterfte ‘n beduidende rol speel, is die sosio-ekonomiese, politieke oorwegings en die beheptheid met status. Die moontlikheid dat die getal Khoi-khoin en Santaalsprekers noemenswaardig sal vermeerder, is ook uiters skraal.  Verder begin al hoe meer deursnee Suid-Afrikaners Engels as hul huistaal in Suid-Afrika aankweek.  Laasgenoemde proses word verder versnel soos die huidige Suid-Afrika meer en meer verengels en deel van die globaliseringsproses word.

7.2.    Aanbevelings:  Die pad vorentoe

Noudat ons bewus is van die toedrag van sake t.o.v. die Khoin- en Santale is, ontstaan die vraag:  watter korrektiewe stappe kan geneem word?  Hier volg dus ‘n paar aanbevelings.

7.2.1.    Bemarking van bewusmakingswerkwinkels

In die Wes-Kaap moet daar beslis voortgegaan word met  bewusmakingswerkwinkels soos die Wes-Kaapse Taalkomitee se projek.  Mens is natuurlik bewus van die frustasies en koste, ens. wat verbonde is aan so ‘n projek.  Tog moet daar geglo word dat hierdie werkwinkels verder uitgebrei kan word.  Hierdie werkwinkels moet egter bereikbaar vir alle mense in die Wes-Kaap bereikbaar gemaak word en nie net tot Khoi-khoin en San beperk word nie.

7.2.2.    Khoin en San Instituut

Die voorstel van die Nasionale Khoisan Konferensie geneem te Oudtshoorn in 2001 waar daar gepleit word vir ‘n Khoin-San Instituut moet verder gevoer word.  By hierdie instituut moet Khoin- en Santale, -kultuur, ens. aangebied word.  Die Wes-Kaapse Taalkomitee moet miskien die leiding in hierdie beweging neem.

7.2.3.    Opleiding van onderwysers in die Khoin- en Santale

Die vraag ontstaan nou wat is die moontlikheid om onderwysers in die Khoin-en Santale op te lei.  Mens sal indiwidue moet identifiseer:

•    Wat ‘n passie vir hierdie tale het;
•    Wat selfgemotiveerd is;
•    Wat die uitdaging aanvaar;
•    Wat die deursettingsvermoë besit.
7.2.4.    Erkenning van die Khoin- en Santale

Die nasionale grondwet erken nie die Khoin-en Santale as amptelike landstale nie, maar moedig wel die gebruik daarvan aan.  Dit is  juis wat Pansat en die Khoin en San Nasionale Taalliggaam doen.  Die feit dat hierdie tale nie amptelike erkenning geniet nie, is miskien een rede waarom die deursnee Suid-Afrikaner nie bewus is van hierdie tale nie.  Die nasionale regering moet hierdie tale as amptelike landstale erken om hulle haalbaar en aanvaarbaar te maak vir die gewone Suid-Afrikaner.  Dit is bejammeringswaardig om op te let dat in die hele Suid-Afrika Namagowab slegs in een dorp, naamlik Khubus in die Richtersveld, as skoolvak aangebied word.  Dan is daar ook net een radiostasie wat in die Santale, naamlik op Schmidtsdrif, instand gehou word.

7.2.5.    Erkenning van Khoin- en San identiteit

Die skrywers stem saam met resolusie van die Oudtshoorn 2001 Nasionale Khoisan Oorlegplegende Konferensie, te wete, die amptelike erkenning van Khoin-San identiteit (Resolutions As Agreed By Official And Associate Delegates To The National Khoisan Consultative Conference on Khoisan Diversity In National Unity Held In Oudtshoorn, 29 March-1 April 2001) .  Daar word geglo dat wanneer die Khoin- en San se identiteit amptelike erkenning kry, sal hul tale ook meer aandag geniet.




BIBLIOGRAFIE

African Language Institute.  1977.  Linguistic Studies 3.  Johannesburg.

Arnott, H.W.  Undated.  The Administration of Sir John F. Cradock, 1811-1814.

Awareness Workshops on the Nama Language, 2003.  Ongepubliseerde manuskrip.  

Beach, D.M.  1938.   The Phonetics of the Hottentot Language.  Cambridge.  

Boezak, W. & Brink, G.W.  2000.  ! Nau rites of the Nama.  Study funded by the Nederlands Zuid-Afrikaansche Vereniging.   Amsterdam.

Boshoff, S.P.E.  1921.  Volk en Taal van Suid-Afrika.  Amsterdam.

Boshoff, S.P.E. en Nienaber, G.S.  1967.  Afrikaanse Etimologieë.  Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.  Pretoria.

Bradlow, E.  1985.  “The Khoi and the Proposed Vagrancy Legislation of 1834” in
Quaterley Bulletin of the South African Library.  XXXIX (13).

Bredekamp, H.C.  1983.  Van Veeverskaffers tot Veewagters.  Bellville.

Brink, G.W.  1997.  Daniel Francois Malan (1874-1959).  An Ecclesiological Study of the Influence of his Theology.  Unpublished D. Th. Thesis, University of Stellenbosch.

Brink, G.W.  2000.  A Historical Analysis Of The Constitutional Development Of The Groups Within The Cape Cultural Heritage Development Organisation.  Unpublished.  Pretoria.  

Brink, G.W.  2003.  “Archbishop Daniel James Augustine Kanyiles, a Khoi religious, political and cultural leader” in NGTT (Nederduits Gereformeerde Teologiese Tydskrif).  Volume 44 Nos. 1 & 2 March & June 2003.  

Brink, G.W.  2004.  Manila Report.  A report given to the Indigenous Peoples Global Research and Education Network in Manila, Philippines.

Die Burger, 31 Desember 2004.

Business Plan 2002.

Cape Government Notices.  Proclamation, 1 November 1809.

Cape of Good Hope.  Minutes Taken Before The Select Committee of House of Assembly on Grants Lands in Freehold to Hottentots.  1856.  Kaapstad.  

Cape of Good Hope Proclamations.  Volume I.  1806.
Census of the Union of South Africa 1911.  Part I.

Census of the Union of South Africa 1921.

The Constitution of the Republic of South Africa, 1996.

Correspondence on the Hottentot Kraal Location in the Division of Swellendam.  May 1876.

Dictionary of South African Biography, Volume VIII.

Duly, L.C.  1972.  “A Revisit with the Cape’s Ordinance of 1828” in Studies in Economics and Economic History.  Londen & Durban.

Elphick, R.  1972.  The Cape Khoi and the First Phase of South African Race Relations.  Unpublished Ph.D.  Dissertation.  Yale University.

Elphick, R.  1985.  The Khoikhoi and the founding of White South Africa.  Johannesburg.

Giliomee, H.  1966.  Die Administrasie Tydperk van Lord Caledon, 1807-1811.  M. Litt. Thesis, University of Stellenbosch.

Giliomee, H.  1992.  “The Eastern Frontier, 1770-1812” in The Shaping pf South African Society, 1652-1820.
Giliomee, H.  1995.  Die Kaap Tydens Die Eerste Britse Bewind.  Kaapstad & Pretoria.

Hunt, K.S.  1974.  Sir Lowry Cole.  Governor of Mauritius 1823-1828.  Governor of the Cape of Good Hope 1828-1833.  Durban.

Jansen, S.W.  Undated.  Die Profesie Word Waar.  ‘n Beknopte Weergawe.  Onge- publiseerde manuskrif.

Little, J.D. & Cairncross, M.  Undated, unpublished and untitled document regarding the founding and functioning of the Cape Cultural Heritage Development Orgisation.

Mesthrie, R.  (ed.).  2002.  Language in South Africa.  Kaapstad.

Millar, A.K.  Undated.  Planagenet in South Africa.

Nel, L.  2002.  Verslag oor die Khoisan taalwerkswinkel oor Khoekhoe- en Santale in die Weskaapgehou op 8, 9 en 10 Maart 2002 by die Southern Comfort Western Horse Ranch naby Knysna.  Ongepubliseerde manuskrip.  Kaapstad.

Nienaber, G.S.  1989.  Khoekhoense Stamname.  Pretoria & Kaapstad.

Nienaber, G.S.  1989.  Khoekhoense Stamname (‘n Voorlopige Verkenning.  Pretoria & Kaapstad.

Nienaber, G.S.  1963.  Hottentots.  Pretoria.

Nienaber, P.J.  1963.  Suid-Afrikaanse Pleknaamwoordeboek.  Kaapstad & Johannesburg.

Nienaber, G.S. & Raper, P.E.  1983.  Hottentot (Khoekhoen) Places Names.  Durban.

Nienaber, G.S. & Raper, P.E.  1977.  Toponymica Hottentotica.  Pretoria.

Pettman, C.  1931.  South African Place Names.  Queenstown.

Ponelis, F.  1993.  The Development of Afrikaans.  Berlin.    

Notule van Vergadering, 31 Mei 2004.  Kaapstad.

Official Launch of the Khoe & San National Language Body.  Upington. 1999.

PanSALB and Stakeholders Regarding Issues Relating to the Khoe, Nama and San Languages.  2003.

Population Census.  7 May 1946.  Volume 1.

Report of Commission of Circuit, 28 February 1912.  Kaapstad.

REPORT ON WHAT PanSALB HAS DONE FOR THE KHOE & SAN LANGUAGE BODY (KSNLB) FROM 1999 TO DATE.  2002.

Resolutions As Agreed By Official And Associate Delegates To The National Khoisan Consultative Conference on Khoisan Diversity In National Unity Held In Oudtshoorn, 29 March-1 April 2001.  2001.  Oudtshoorn.       

Scholtz, G.D.  1967.  Die Ontwikkeling van die Politieke Denke van die Afrikaner.  Deel I (1652-1806).   Pretoria.  

Schuring, G.K. & Yzel, M.K.  1983.  ‘n Ondersoek na die taalsituasie in die Suid-Afrikaanse Swart gemeenskap.  Pretoria.

Sixth Cenus.  5 May 1936.  Volume 1.

South African San Institute.  2001.  Language Rights for Marginalised Constituencies in South Africa.  Kaapstad.  

South Africa Yearbook 2003-4).  Pretoria.  

Staatskoerant, 1 Oktober 1999.

Statutes of the Union of South Africa, 1910-1911.  Pretoria.

Statutes of the Union of South Africa, 1913.  Pretoria.

Statutes of the Union of South Africa, 1916.  Pretoria.

Statutes of the Union of South Africa 1950.  Pretoria.

Theal, G.W.  1899.  Records of the Cape Colony.  Volume IV.  Londen.

Van Der Merwe, J.P.  1926.  Die Kaap Onder Die Bataafse Republiek, 1803-1806.  

Visagie, J.C.  1978.  Die Katriviernedersetting 1829-1939.  Unpublished D. Liit & Phil. Thesis,  University of South Africa.  Pretoria.

Waldeman, P.L.  2001.  The Griqua Conumdrum:  Political and Socio-Cultural Identity in the Northern Cape, South Africa.  Unpublished Ph. D. Thesis.  University of Witwatersrand.  

Wes-Kaapse Grondwet.  1998.

Wes-Kaapse Provinsiale Talewet, 1998 (Nr. 13 van 1998).


   
Last Updated ( Monday, 15 June 2009 )
 
< Prev   Next >